DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

September 2026

Woensdag, 30 September 2026

Spreuke 15:22Planne misluk sonder beraadslaging,
maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.

Dinsdag, 29 September 2026

Matteus 19:26Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.

Maandag, 28 September 2026

Johannes 15:5Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

Sondag, 27 September 2026

Psalm 105:1LOOF die Here, roep sy Naam aan,
maak onder die volke sy dade bekend.

Saterdag, 26 September 2026

Romeine 10:17Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Vrydag, 25 September 2026

Matteus 4:19En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.

Donderdag, 24 September 2026

Spreuke 14:12Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk,
maar die einde daarvan is weë van die dood.

Woensdag, 23 September 2026

1 Johannes 4:1GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.

Dinsdag, 22 September 2026

Matteus 18:10Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.

Maandag, 21 September 2026

Psalm 9:10So is die Here dan 'n rotsvesting vir die verdrukte,
'n rotsvesting in tye van benoudheid.

Sondag, 20 September 2026

Romeine 16:17En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.

Saterdag, 19 September 2026

Efesiërs 4:32Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Vrydag, 18 September 2026

Spreuke 23:4Vermoei jou nie om ryk te word nie,
laat staan jou slimheid.

Donderdag, 17 September 2026

Romeine 13:7Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.

Woensdag, 16 September 2026

Hebreërs 13:6Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?

Dinsdag, 15 September 2026

Psalm 31:17Laat u aangesig skyn oor u kneg,
verlos my deur u goedertierenheid.

Maandag, 14 September 2026

Efesiërs 4:26-27Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie.

Sondag, 13 September 2026

Jakobus 1:19SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

Saterdag, 12 September 2026

Spreuke 4:24Verwyder van jou die valsheid van mond,
en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.

Vrydag, 11 September 2026

Matteus 5:37Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.

Donderdag, 10 September 2026

Efesiërs 6:17En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God.

Woensdag, 09 September 2026

Psalm 118:5Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep;
die Here het my verhoor in die ruimte.

Dinsdag, 08 September 2026

Lukas 12:2En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

Maandag, 07 September 2026

Jakobus 4:10Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Sondag, 06 September 2026

Jesaja 40:29Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

Saterdag, 05 September 2026

Filippense 4:23Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Vrydag, 04 September 2026

Efesiërs 1:17Dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee.

Donderdag, 03 September 2026

Psalm 59:17Maar ék sal sing van u sterkte
en elke môre jubel oor u goedertierenheid,
want U was 'n rotsvesting vir my
en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was.

Woensdag, 02 September 2026

1 Timoteus 1:17Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.

Dinsdag, 01 September 2026

Esegiël 38:23So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

Bybelvers van die dag

En die Here sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die Here een wees, en sy Naam een.

Willekeurig Bybelvers

En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk