DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

November 2026

Donderdag, 19 November 2026

2 Korintiërs 1:5Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.

Woensdag, 18 November 2026

1 Tessalonisense 5:16-18Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Dinsdag, 17 November 2026

Prediker 3:1ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd.

Maandag, 16 November 2026

Johannes 16:28Ek het van die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom. Weer verlaat Ek die wêreld en gaan na my Vader.

Sondag, 15 November 2026

1 Tessalonisense 5:6Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.

Saterdag, 14 November 2026

Psalm 121:3Hy kan jou voet nie laat wankel nie;
jou Bewaarder kan nie sluimer nie.

Vrydag, 13 November 2026

1 Tessalonisense 5:24Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.

Donderdag, 12 November 2026

Klaagliedere 3:40Laat ons ons weë naspeur en deursoek
en ons tot die Here bekeer.

Woensdag, 11 November 2026

Spreuke 12:25Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer,
maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.

Dinsdag, 10 November 2026

Romeine 12:15Wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween.

Maandag, 09 November 2026

2 Korintiërs 9:8En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

Sondag, 08 November 2026

Psalm 16:2Ek het tot die Here gesê: U is my Here;
vir my is daar geen goed bo U nie.

Saterdag, 07 November 2026

Johannes 12:26As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.

Vrydag, 06 November 2026

Jakobus 5:16Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.

Donderdag, 05 November 2026

Spreuke 10:17'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem;
maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.

Woensdag, 04 November 2026

Esegiël 18:23Het Ek dan miskien 'n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here Here. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?

Dinsdag, 03 November 2026

Johannes 15:11Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.

Maandag, 02 November 2026

Psalm 139:1-2Here, U deurgrond en ken my.
U ken my sit en my opstaan;
U verstaan van ver my gedagte.

Sondag, 01 November 2026

Markus 8:34EN toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

Bybelvers van die dag

Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.

Willekeurig Bybelvers

Vertrou op die Here met jou hele hart
en steun nie op jou eie insig nie.
Ken Hom in al jou weë,
dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk