DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Januarie 2014)

Vrydag, 31 Januarie 2014

Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Donderdag, 30 Januarie 2014

Loof die Here, o my siel,
en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!

Woensdag, 29 Januarie 2014

Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Dinsdag, 28 Januarie 2014

Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.

Maandag, 27 Januarie 2014

Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

Sondag, 26 Januarie 2014

Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word.

Saterdag, 25 Januarie 2014

Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

Vrydag, 24 Januarie 2014

Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg.

Donderdag, 23 Januarie 2014

Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly,
maar elke sot breek los.

Woensdag, 22 Januarie 2014

Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.

Dinsdag, 21 Januarie 2014

Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.

Maandag, 20 Januarie 2014

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Sondag, 19 Januarie 2014

Kom die vermetelheid, dan kom die skande,
maar by die beskeidenes is wysheid.

Saterdag, 18 Januarie 2014

En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

Vrydag, 17 Januarie 2014

Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.

Donderdag, 16 Januarie 2014

Die lippe van die dwaas kom met getwis,
en sy mond roep na slae.

Woensdag, 15 Januarie 2014

Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte
en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.

Dinsdag, 14 Januarie 2014

Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?

Maandag, 13 Januarie 2014

Wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie.

Sondag, 12 Januarie 2014

Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Saterdag, 11 Januarie 2014

Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping.

Vrydag, 10 Januarie 2014

En ek het op die grond geval en 'n stem vir my hoor sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?

Donderdag, 09 Januarie 2014

Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie.

Woensdag, 08 Januarie 2014

Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.

Dinsdag, 07 Januarie 2014

Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus!

Maandag, 06 Januarie 2014

Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.

Sondag, 05 Januarie 2014

Aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.

Saterdag, 04 Januarie 2014

Vermetelheid gee net getwis af;
maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.

Vrydag, 03 Januarie 2014

Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.

Donderdag, 02 Januarie 2014

Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

Woensdag, 01 Januarie 2014

Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

Bybelvers van die dag

Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk