DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Februarie 2014)

Vrydag, 28 Februarie 2014

Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid;
en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.

Donderdag, 27 Februarie 2014

Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Woensdag, 26 Februarie 2014

Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar,
Hom van ganser harte soek.

Dinsdag, 25 Februarie 2014

En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Maandag, 24 Februarie 2014

Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins.

Sondag, 23 Februarie 2014

EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.

Saterdag, 22 Februarie 2014

Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.

Vrydag, 21 Februarie 2014

Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.

Donderdag, 20 Februarie 2014

Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.

Woensdag, 19 Februarie 2014

WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

Dinsdag, 18 Februarie 2014

Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God.

Maandag, 17 Februarie 2014

ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.

Sondag, 16 Februarie 2014

Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid;
delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
Was my heeltemal van my ongeregtigheid
en reinig my van my sonde.

Saterdag, 15 Februarie 2014

Sagtheid van tong is 'n lewensboom,
maar valsheid daarin is verbreking in die gees.

Vrydag, 14 Februarie 2014

Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.

Donderdag, 13 Februarie 2014

En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Woensdag, 12 Februarie 2014

Vra na die Here en sy sterkte;
soek sy aangesig altyddeur.

Dinsdag, 11 Februarie 2014

Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend;
ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God
as om te woon in die tente van goddeloosheid.

Maandag, 10 Februarie 2014

Laat alles wat asem het, die Here loof!
Halleluja!

Sondag, 09 Februarie 2014

DAAROM is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy 'n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.

Saterdag, 08 Februarie 2014

Want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.

Vrydag, 07 Februarie 2014

O God, U is my God, U soek ek;
my siel dors na U,
my vlees smag na U,
in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.

Donderdag, 06 Februarie 2014

Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

Woensdag, 05 Februarie 2014

MAAR spreek jy wat by die gesonde leer pas.

Dinsdag, 04 Februarie 2014

En nou, Israel, wat eis die Here jou God van jou as net om die Here jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die Here jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, om te hou die gebooie van die Here en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?

Maandag, 03 Februarie 2014

Wat buig jy jou neer, o my siel,
en wat is jy onrustig in my?
Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
die verlossing van my aangesig en my God!

Sondag, 02 Februarie 2014

Die vrees van die Here is die tug van die wysheid,
en nederigheid gaan aan die eer vooraf.

Saterdag, 01 Februarie 2014

Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang,
want hulle is die vreugde van my hart.

Bybelvers van die dag

En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk