DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Maart 2014)

Maandag, 31 Maart 2014

Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

Sondag, 30 Maart 2014

Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?

Saterdag, 29 Maart 2014

En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

Vrydag, 28 Maart 2014

Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

Donderdag, 27 Maart 2014

Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is;
hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel
en 'n huigelagtige mond haat ek.

Woensdag, 26 Maart 2014

HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit,
sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting,
my God op wie ek vertrou.

Dinsdag, 25 Maart 2014

Julle moet die Here julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.

Maandag, 24 Maart 2014

Ook het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.

Sondag, 23 Maart 2014

En daarom is Hy Middelaar van 'n nuwe testament, sodat, terwyl daar 'n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.

Saterdag, 22 Maart 2014

VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging.

Vrydag, 21 Maart 2014

Die Here is my herder;
niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerlê in groen weivelde;
na waters waar rus is, lei Hy my heen.

Donderdag, 20 Maart 2014

VIR die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend,
ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.

Woensdag, 19 Maart 2014

Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.

Dinsdag, 18 Maart 2014

Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Maandag, 17 Maart 2014

Sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.

Sondag, 16 Maart 2014

Dink, Here, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede,
want dié is van ewigheid af.
Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie;
dink aan my na u goedertierenheid,
om u goedheid ontwil, o Here!

Saterdag, 15 Maart 2014

Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.

Vrydag, 14 Maart 2014

Naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.

Donderdag, 13 Maart 2014

Werp jou sorg op die Here,
en Hy sal jou onderhou;
Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.

Woensdag, 12 Maart 2014

Laat alles by julle in liefde geskied.

Dinsdag, 11 Maart 2014

Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.

Maandag, 10 Maart 2014

As julle nie gehoor gee nie, en as julle dit nie ter harte neem om my Naam eer te bewys nie, sê die Here van die leërskare, dan sal Ek die vloek onder julle stuur en julle seëninge in 'n vloek verander; ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat julle niks ter harte neem nie.

Sondag, 09 Maart 2014

Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

Saterdag, 08 Maart 2014

Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

Vrydag, 07 Maart 2014

Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word;
as hy sy lippe toehou, vir verstandig.

Donderdag, 06 Maart 2014

Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.

Woensdag, 05 Maart 2014

Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Dinsdag, 04 Maart 2014

Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf,
maar deur kennis word die regverdiges gered.

Maandag, 03 Maart 2014

Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Sondag, 02 Maart 2014

Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees,
op die wat op sy goedertierenheid wag.

Saterdag, 01 Maart 2014

MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie;
as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie,
en die vlam sal jou nie brand nie.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk