DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Desember 2013)

Dinsdag, 31 Desember 2013

Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.

Maandag, 30 Desember 2013

Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Sondag, 29 Desember 2013

Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?

Saterdag, 28 Desember 2013

Ag, Here Here, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.

Vrydag, 27 Desember 2013

Want die Here gee wysheid,
uit sy mond kom kennis en verstand.

Donderdag, 26 Desember 2013

STAAN op, word verlig; want jou lig kom,
en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op.

Woensdag, 25 Desember 2013

En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.

Dinsdag, 24 Desember 2013

Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word.

Maandag, 23 Desember 2013

Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie,
en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie,
maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig,
omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.

Sondag, 22 Desember 2013

Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Saterdag, 21 Desember 2013

Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Vrydag, 20 Desember 2013

En ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.

Donderdag, 19 Desember 2013

Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra.

Woensdag, 18 Desember 2013

Die hart van die mens dink sy weg uit,
maar die Here rig sy voetstappe.

Dinsdag, 17 Desember 2013

WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders.

Maandag, 16 Desember 2013

Ek brei my hande tot U uit;
my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.

Sondag, 15 Desember 2013

JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.

Saterdag, 14 Desember 2013

Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

Vrydag, 13 Desember 2013

Want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.

Donderdag, 12 Desember 2013

Die Here is naby almal wat Hom aanroep,
almal wat Hom aanroep in waarheid.

Woensdag, 11 Desember 2013

Daarom is U groot, Here God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.

Dinsdag, 10 Desember 2013

Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is — God bly in hom, en hy in God.

Maandag, 09 Desember 2013

En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Sondag, 08 Desember 2013

Die jong leeus ly armoede en het honger;
maar die wat die Here soek,
het geen gebrek aan enigiets nie.

Saterdag, 07 Desember 2013

My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.

Vrydag, 06 Desember 2013

WELGELUKSALIG is die man
wat nie wandel in die raad van die goddelose
en nie staan op die weg van die sondaars
en nie sit in die kring van die spotters nie.

Donderdag, 05 Desember 2013

En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.

Woensdag, 04 Desember 2013

'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.

Dinsdag, 03 Desember 2013

En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Maandag, 02 Desember 2013

Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid;
'n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word.

Sondag, 01 Desember 2013

Salig is die vredemakers,
want hulle sal kinders van God genoem word.

Bybelvers van die dag

Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Vereer die Here uit jou goed
en uit die eerstelinge van al jou inkomste.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk