DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (November 2013)

Saterdag, 30 November 2013

En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Vrydag, 29 November 2013

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

Donderdag, 28 November 2013

Liewer 'n bietjie in die vrees van die Here,
as 'n groot skat en onrus daarby.

Woensdag, 27 November 2013

Smaak en sien dat die Here goed is;
welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

Dinsdag, 26 November 2013

Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.

Maandag, 25 November 2013

Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.

Sondag, 24 November 2013

Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

Saterdag, 23 November 2013

Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Vrydag, 22 November 2013

En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.

Donderdag, 21 November 2013

Met my siel begeer ek U in die nag;
ook met my gees in my binneste soek ek U;
want as u oordele op die aarde is,
leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

Woensdag, 20 November 2013

Om geregtigheid en reg te doen,
is vir die Here verkiesliker as offers.

Dinsdag, 19 November 2013

Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.

Maandag, 18 November 2013

Vra na die Here en sy sterkte;
soek sy aangesig altyddeur.

Sondag, 17 November 2013

En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.

Saterdag, 16 November 2013

En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.

Vrydag, 15 November 2013

Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.

Donderdag, 14 November 2013

En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die Here uitgaan.

Woensdag, 13 November 2013

Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.

Dinsdag, 12 November 2013

Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

Maandag, 11 November 2013

Soos 'n hert wat smag na waterstrome,
so smag my siel na U, o God!

Sondag, 10 November 2013

Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.

Saterdag, 09 November 2013

Elke weg van 'n mens is reg in sy oë,
maar die Here toets die harte.

Vrydag, 08 November 2013

Ook in die weg van u oordele
het ons U verwag, o Here!
Tot u Naam en tot u gedenknaam
gaan die begeerte van ons siel uit.

Donderdag, 07 November 2013

Swyg voor die Here en verwag Hom;
wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie,
op die man wat listige planne uitvoer nie.

Woensdag, 06 November 2013

En verlustig jou in die Here;
dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

Dinsdag, 05 November 2013

Ek is baie bly in die Here,
my siel juig in my God;
want Hy het my beklee met die klere van heil,
my in die mantel van geregtigheid gewikkel —
soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind,
en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.

Maandag, 04 November 2013

En jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.

Sondag, 03 November 2013

Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.

Saterdag, 02 November 2013

Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam.

Vrydag, 01 November 2013

En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk