DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (April 2017)

Sondag, 30 April 2017

Markus 10:29-30En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie, of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.

Saterdag, 29 April 2017

Deuteronomium 5:33In al die weë wat die Here julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.

Vrydag, 28 April 2017

Psalm 23:4Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee,
ek sal geen onheil vrees nie;
want U is met my:
u stok en u staf dié vertroos my.

Donderdag, 27 April 2017

Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.

Woensdag, 26 April 2017

Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

Dinsdag, 25 April 2017

Psalm 71:8My mond is vol van u lof,
die hele dag van u roem.

Maandag, 24 April 2017

MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie.

Sondag, 23 April 2017

2 Timoteus 2:11Dit is 'n betroubare woord;
want as ons met Hom gesterf het,
sal ons ook met Hom lewe.

Saterdag, 22 April 2017

My tye is in u hand; red my
uit die hand van my vyande en van my vervolgers.

Vrydag, 21 April 2017

Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.

Donderdag, 20 April 2017

2 Korintiërs 7:1TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.

Woensdag, 19 April 2017

Om geregtigheid en reg te doen,
is vir die Here verkiesliker as offers.

Dinsdag, 18 April 2017

As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie;
as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie,
en die vlam sal jou nie brand nie.

Maandag, 17 April 2017

1 Johannes 5:20En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.

Sondag, 16 April 2017

Psalm 19:2-3Die hemele vertel die eer van God,
en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit,
en die een nag kondig vir die ander kennis aan.

Saterdag, 15 April 2017

Jesaja 41:10Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;
kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God.
Ek versterk jou, ook help Ek jou,
ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.

Vrydag, 14 April 2017

Lukas 23:46En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.

Donderdag, 13 April 2017

Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie.
Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.

Woensdag, 12 April 2017

Johannes 15:13Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

Dinsdag, 11 April 2017

GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.

Maandag, 10 April 2017

Psalm 37:16-17'n Klein bietjie is vir die regverdige beter
as die rykdom van baie goddelose;
want die arms van die goddelose sal verbreek word,
maar die Here ondersteun die regverdiges.

Sondag, 09 April 2017

Matteus 20:18-19Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en skrifgeleerdes; en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom oorlewer aan die heidene om Hom te bespot en te gésel en te kruisig; en op die derde dag sal Hy opstaan.

Saterdag, 08 April 2017

En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

Vrydag, 07 April 2017

Psalm 3:9Die heil behoort aan die Here;
laat u seën wees oor u volk! Sela.

Woensdag, 05 April 2017

Jakobus 1:25Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.

Dinsdag, 04 April 2017

Psalm 34:23Die Here verlos die siel van sy knegte;
en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.

Maandag, 03 April 2017

1 Johannes 5:14En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

Sondag, 02 April 2017

Matteus 5:48Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.

Saterdag, 01 April 2017

Psalm 133:1Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit
dat broers ook saamwoon!

Bybelvers van die dag

Die sot verag die tug van sy vader,
maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk