DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Maart 2017)

Vrydag, 31 Maart 2017

IN die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Donderdag, 30 Maart 2017

Markus 1:15En gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.

Woensdag, 29 Maart 2017

Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is,
maar die mond van die goddelose is pure valsheid.

Dinsdag, 28 Maart 2017

En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

Maandag, 27 Maart 2017

2 Konings 20:5Draai om en sê vir Hiskía, die vors van my volk: So spreek die Here, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opgaan na die huis van die Here.

Sondag, 26 Maart 2017

Die Here sal jou bewaar vir elke onheil;
jou siel sal Hy bewaar.
Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar,
van nou af tot in ewigheid.

Saterdag, 25 Maart 2017

Johannes 4:24God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Vrydag, 24 Maart 2017

1 Johannes 5:11En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.

Donderdag, 23 Maart 2017

Spreuke 22:4Die loon van nederigheid is die vrees van die Here,
is rykdom en eer en die lewe.

Woensdag, 22 Maart 2017

Matteus 24:35Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

Dinsdag, 21 Maart 2017

Want die Here julle God is genadig en barmhartig, en Hy sal die aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer.

Maandag, 20 Maart 2017

Psalm 42:2Soos 'n hert wat smag na waterstrome,
so smag my siel na U, o God!

Sondag, 19 Maart 2017

Daniël 2:22Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge;
Hy weet wat in die duister is,
en die lig woon by Hom.

Saterdag, 18 Maart 2017

Efesiërs 3:16-17Dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is.

Vrydag, 17 Maart 2017

Psalm 90:4Want duisend jaar is in u oë
soos die dag van gister as dit verbyskiet,
en soos 'n nagwaak.

Donderdag, 16 Maart 2017

Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

Woensdag, 15 Maart 2017

Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.

Dinsdag, 14 Maart 2017

By U, o Here, skuil ek;
laat my nooit beskaamd staan nie.
Bevry my deur u geregtigheid.

Maandag, 13 Maart 2017

1 Korintiërs 10:31Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.

Sondag, 12 Maart 2017

Jakobus 5:16Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.

Saterdag, 11 Maart 2017

Psalm 9:3In U wil ek bly wees en juig;
ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste.

Vrydag, 10 Maart 2017

Kan 'n vrou haar suigling vergeet,
dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie?
Ofskoon hulle sou vergeet,
nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer;
jou mure is gedurig voor My.

Donderdag, 09 Maart 2017

ONS moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word.

Woensdag, 08 Maart 2017

Psalm 37:21Die goddelose leen en gee nie terug nie,
maar die regverdige ontferm hom en gee.

Dinsdag, 07 Maart 2017

1 Kronieke 29:11Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.

Maandag, 06 Maart 2017

Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur.

Sondag, 05 Maart 2017

Voordat die berge gebore was
en U die aarde en die wêreld voortgebring het,
ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.

Saterdag, 04 Maart 2017

Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Vrydag, 03 Maart 2017

1 Timoteus 6:10Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.

Donderdag, 02 Maart 2017

Spreuke 3:1-2MY seun, vergeet my onderwysing nie,
en laat jou hart my gebooie bewaar;
want dit sal lengte van dae en jare van lewe
en vrede vir jou vermeerder.

Woensdag, 01 Maart 2017

Jeremia 29:11Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.

Bybelvers van die dag

Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk