DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Mei 2017)

Woensdag, 31 Mei 2017

En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Dinsdag, 30 Mei 2017

Hosea 13:4Tog was Ek, die Here, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.

Maandag, 29 Mei 2017

Maar die goedertierenheid van die Here is
van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees,
en sy geregtigheid vir kindskinders,
vir die wat sy verbond hou
en aan sy bevele dink om dié te doen.

Sondag, 28 Mei 2017

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Saterdag, 27 Mei 2017

Openbaring 22:12En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

Vrydag, 26 Mei 2017

Psalm 119:130Die opening van u woorde gee lig;
dit maak die eenvoudiges verstandig.

Donderdag, 25 Mei 2017

Handelinge 1:10-11En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

Woensdag, 24 Mei 2017

Die Here jou God is by jou,
'n held wat verlossing skenk.
Hy verheug Hom oor jou met blydskap;
Hy swyg in sy liefde;
Hy juig oor jou met gejubel.

Dinsdag, 23 Mei 2017

1 Johannes 4:20As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?

Maandag, 22 Mei 2017

As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig,
dan verkwik u vertroostinge my siel.

Sondag, 21 Mei 2017

Omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

Saterdag, 20 Mei 2017

Lukas 8:50Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.

Vrydag, 19 Mei 2017

Spreuke 21:2Elke weg van 'n mens is reg in sy oë,
maar die Here toets die harte.

Donderdag, 18 Mei 2017

Romeine 12:10Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Woensdag, 17 Mei 2017

Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Dinsdag, 16 Mei 2017

Psalm 37:7Swyg voor die Here en verwag Hom;
wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie,
op die man wat listige planne uitvoer nie.

Maandag, 15 Mei 2017

Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

Sondag, 14 Mei 2017

En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.

Saterdag, 13 Mei 2017

Psalm 119:1WELGELUKSALIG is die opregtes van weg,
wat in die wet van die Here wandel.

Vrydag, 12 Mei 2017

Matteus 5:9Salig is die vredemakers,
want hulle sal kinders van God genoem word.

Donderdag, 11 Mei 2017

Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.

Woensdag, 10 Mei 2017

Psalm 95:6Kom, laat ons aanbid en neerbuk;
laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.

Dinsdag, 09 Mei 2017

Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.

Maandag, 08 Mei 2017

Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie 'n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.

Sondag, 07 Mei 2017

Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor,
en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.

Saterdag, 06 Mei 2017

Romeine 10:10Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Vrydag, 05 Mei 2017

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Donderdag, 04 Mei 2017

Psalm 46:2God is vir ons 'n toevlug en sterkte;
as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.

Woensdag, 03 Mei 2017

Jeremia 29:12Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.

Dinsdag, 02 Mei 2017

Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.

Maandag, 01 Mei 2017

As ek dink: My voet wankel —
dan ondersteun u goedertierenheid my, o Here!

Bybelvers van die dag

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Loof die Here, o my siel,
en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk