DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Junie 2017)

Vrydag, 30 Junie 2017

Die Here sal sy volk sterkte gee,
die Here sal sy volk seën met vrede.

Donderdag, 29 Junie 2017

Markus 10:52En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.

Woensdag, 28 Junie 2017

2 Timoteus 1:7Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Dinsdag, 27 Junie 2017

Psalm 34:11Die jong leeus ly armoede en het honger;
maar die wat die Here soek,
het geen gebrek aan enigiets nie.

Maandag, 26 Junie 2017

Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Sondag, 25 Junie 2017

Eksodus 15:26As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die Here wat jou gesond maak.

Saterdag, 24 Junie 2017

Psalm 119:105U woord is 'n lamp vir my voet
en 'n lig vir my pad.

Vrydag, 23 Junie 2017

En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

Donderdag, 22 Junie 2017

Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is;
roep Hom aan terwyl Hy naby is.

Woensdag, 21 Junie 2017

Prediker 12:1EN dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie.

Dinsdag, 20 Junie 2017

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Maandag, 19 Junie 2017

Hebreërs 5:9En nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword.

Sondag, 18 Junie 2017

Psalm 103:13Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders,
so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees.

Saterdag, 17 Junie 2017

Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Vrydag, 16 Junie 2017

1 Tessalonisense 5:11Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Donderdag, 15 Junie 2017

Psalm 19:8Die wet van die Here is volmaak:
dit verkwik die siel;
die getuienis van die Here is gewis:
dit gee wysheid aan die eenvoudige.

Woensdag, 14 Junie 2017

1 Korintiërs 15:58Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

Dinsdag, 13 Junie 2017

Lukas 11:28En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.

Maandag, 12 Junie 2017

Psalm 34:14Bewaar jou tong vir wat verkeerd is,
en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.

Sondag, 11 Junie 2017

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

Saterdag, 10 Junie 2017

Johannes 15:12Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

Vrydag, 09 Junie 2017

Ek stel die Here altyddeur voor my;
omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.

Donderdag, 08 Junie 2017

So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het 'n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.

Woensdag, 07 Junie 2017

Hebreërs 11:6En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.

Dinsdag, 06 Junie 2017

U is my skuilplek en my skild;
op u woord wag ek.

Maandag, 05 Junie 2017

Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.

Sondag, 04 Junie 2017

Handelinge 1:8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Saterdag, 03 Junie 2017

Want U, o Here, is goed en vergewensgesind
en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.

Vrydag, 02 Junie 2017

Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg.

Donderdag, 01 Junie 2017

Psalm 119:14Ek is vrolik in die weg van u getuienisse
soos oor allerhande rykdom.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk