DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (April 2022)

Saterdag, 30 April 2022

Openbaring 3:5Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

Vrydag, 29 April 2022

Lukas 11:13As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Donderdag, 28 April 2022

Matteus 6:9-10Só moet julle dan bid:
Onse Vader wat in die hemele is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil geskied,
soos in die hemel net so ook op die aarde.

Woensdag, 27 April 2022

1 Timoteus 4:12Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.

Dinsdag, 26 April 2022

Johannes 7:38Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

Maandag, 25 April 2022

Psalm 9:11En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou,
omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here!

Sondag, 24 April 2022

Jakobus 4:8Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!

Saterdag, 23 April 2022

Lukas 19:10Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

Vrydag, 22 April 2022

Klaagliedere 3:22-23Dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie,
want sy barmhartighede het geen einde nie;
hulle is elke môre nuut;
u trou is groot.

Donderdag, 21 April 2022

Romeine 12:14Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie.

Woensdag, 20 April 2022

Matteus 6:33Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Dinsdag, 19 April 2022

Psalm 62:8By God is my heil en my eer;
die rots van my sterkte, my toevlug is in God.

Maandag, 18 April 2022

Efesiërs 5:2En wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur.

Sondag, 17 April 2022

Lukas 24:6-7Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was: Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.

Saterdag, 16 April 2022

Jesaja 40:8Die gras verdor, die blom verwelk;
maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.

Vrydag, 15 April 2022

Lukas 23:46En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.

Donderdag, 14 April 2022

Romeine 5:3-4En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop.

Woensdag, 13 April 2022

Johannes 8:36As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Dinsdag, 12 April 2022

Psalm 37:4En verlustig jou in die Here;
dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

Maandag, 11 April 2022

Deuteronomium 4:29Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.

Sondag, 10 April 2022

Matteus 21:9En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!

Saterdag, 09 April 2022

Spreuke 19:21Baie planne is in 'n man se hart,
maar die raad van die Here, dié sal bestaan.

Vrydag, 08 April 2022

Romeine 12:2En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Donderdag, 07 April 2022

Prediker 9:7Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met 'n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke.

Woensdag, 06 April 2022

Psalm 118:6Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie:
wat kan 'n mens my doen?

Dinsdag, 05 April 2022

Markus 10:52En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.

Maandag, 04 April 2022

Markus 9:23En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.

Sondag, 03 April 2022

Spreuke 16:16Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud,
en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.

Saterdag, 02 April 2022

Matteus 6:24Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

Vrydag, 01 April 2022

2 Korintiërs 9:11Sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.

Bybelvers van die dag

Die hele dag deur word daar dringend begeer,
maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk