DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Maart 2022)

Donderdag, 31 Maart 2022

Psalm 31:25Wees sterk, en laat julle hart sterk wees,
almal wat op die Here wag!

Woensdag, 30 Maart 2022

1 Konings 8:57Mag die Here onse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie.

Dinsdag, 29 Maart 2022

Markus 8:36Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

Maandag, 28 Maart 2022

Spreuke 17:22'n Vrolike hart bevorder die genesing,
maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

Sondag, 27 Maart 2022

Romeine 2:1DAAROM is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy 'n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.

Saterdag, 26 Maart 2022

Titus 2:11-12WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe.

Vrydag, 25 Maart 2022

Psalm 118:24Dit is die dag wat die Here gemaak het;
laat ons daaroor juig en bly wees.

Donderdag, 24 Maart 2022

2 Korintiërs 6:10As bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.

Woensdag, 23 Maart 2022

2 Tessalonisense 3:16En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!

Dinsdag, 22 Maart 2022

Spreuke 17:17Die vriend het altyd lief,
en die broer word gebore met die oog op die nood.

Maandag, 21 Maart 2022

Prediker 4:12En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en 'n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie.

Sondag, 20 Maart 2022

Matteus 5:13JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.

Saterdag, 19 Maart 2022

Psalm 27:14Wag op die Here!
Wees sterk en laat jou hart sterk wees!
Ja, wag op die Here!

Vrydag, 18 Maart 2022

Esegiël 36:26En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee.

Donderdag, 17 Maart 2022

Lukas 8:50Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.

Woensdag, 16 Maart 2022

Spreuke 15:4Sagtheid van tong is 'n lewensboom,
maar valsheid daarin is verbreking in die gees.

Dinsdag, 15 Maart 2022

1 Korintiërs 2:11Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.

Maandag, 14 Maart 2022

Esegiël 36:27En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.

Sondag, 13 Maart 2022

Psalm 18:31Die weg van God is volmaak;
die woord van die Here is gelouter;
Hy is 'n skild vir almal
wat by Hom skuil.

Saterdag, 12 Maart 2022

Johannes 3:3Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

Vrydag, 11 Maart 2022

1 Petrus 2:2En verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei.

Donderdag, 10 Maart 2022

Spreuke 11:3Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier,
maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.

Woensdag, 09 Maart 2022

Matteus 9:12Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.

Dinsdag, 08 Maart 2022

Galasiërs 3:26-27Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

Maandag, 07 Maart 2022

Psalm 16:8Ek stel die Here altyddeur voor my;
omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.

Sondag, 06 Maart 2022

1 Kronieke 29:12En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.

Saterdag, 05 Maart 2022

Kolossense 4:5-6Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.

Vrydag, 04 Maart 2022

Prediker 5:3As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.

Donderdag, 03 Maart 2022

Filemon 1:25Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees! Amen.

Woensdag, 02 Maart 2022

Esra 8:23So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor.

Dinsdag, 01 Maart 2022

Psalm 34:18-19Hulle roep, en die Here hoor,
en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
Die Here is naby die wat gebroke is van hart,
en Hy verlos die wat verslae is van gees.

Bybelvers van die dag

Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Kom die vermetelheid, dan kom die skande,
maar by die beskeidenes is wysheid.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk