DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Februarie 2022)

Maandag, 28 Februarie 2022

Markus 11:25En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.

Sondag, 27 Februarie 2022

Romeine 8:15Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

Saterdag, 26 Februarie 2022

Spreuke 4:23Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word,
want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Vrydag, 25 Februarie 2022

Markus 16:16Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Donderdag, 24 Februarie 2022

2 Korintiërs 12:10Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.

Woensdag, 23 Februarie 2022

Psalm 23:4Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee,
ek sal geen onheil vrees nie;
want U is met my:
u stok en u staf dié vertroos my.

Dinsdag, 22 Februarie 2022

1 Korintiërs 15:33Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.

Maandag, 21 Februarie 2022

Galasiërs 3:28Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.

Sondag, 20 Februarie 2022

Spreuke 10:19By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie;
maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.

Saterdag, 19 Februarie 2022

Romeine 15:5En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus.

Vrydag, 18 Februarie 2022

Jakobus 1:12Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

Donderdag, 17 Februarie 2022

Psalm 51:19Die offers van God is 'n gebroke gees;
'n gebroke en verslae hart
sal U, o God, nie verag nie!

Woensdag, 16 Februarie 2022

Genesis 9:11En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.

Dinsdag, 15 Februarie 2022

Johannes 14:7As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.

Maandag, 14 Februarie 2022

Hooglied 4:7Alles is mooi aan u, my vriendin,
en daar is geen gebrek aan u nie.

Sondag, 13 Februarie 2022

1 Johannes 3:16Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.

Saterdag, 12 Februarie 2022

3 Johannes 1:4Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.

Vrydag, 11 Februarie 2022

Jesaja 53:5Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor,
ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;
die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom,
en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Donderdag, 10 Februarie 2022

1 Johannes 3:4Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.

Woensdag, 09 Februarie 2022

Levitikus 22:31Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die Here.

Dinsdag, 08 Februarie 2022

Psalm 119:130Die opening van u woorde gee lig;
dit maak die eenvoudiges verstandig.

Maandag, 07 Februarie 2022

Jakobus 1:21Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.

Sondag, 06 Februarie 2022

Filippense 2:5Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

Saterdag, 05 Februarie 2022

Jesaja 44:22Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel
en jou sondes soos 'n wolk;
keer terug na My, want Ek het jou verlos.

Vrydag, 04 Februarie 2022

Romeine 14:8Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

Donderdag, 03 Februarie 2022

Hebreërs 8:12Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.

Woensdag, 02 Februarie 2022

Psalm 121:7-8Die Here sal jou bewaar vir elke onheil;
jou siel sal Hy bewaar.
Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar,
van nou af tot in ewigheid.

Dinsdag, 01 Februarie 2022

Romeine 13:8WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.

Bybelvers van die dag

Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;
bind dit om jou hals,
skryf dit op die tafel van jou hart,
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
in die oë van God en die mense.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk