DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (November 2023)

Donderdag, 30 November 2023

Deuteronomium 6:6-7En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.

Woensdag, 29 November 2023

Spreuke 4:5Verkry wysheid, verkry insig;
vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie.

Dinsdag, 28 November 2023

Johannes 8:31-32En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Maandag, 27 November 2023

Johannes 4:14Maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

Sondag, 26 November 2023

Psalm 23:1-2Die Here is my herder;
niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerlê in groen weivelde;
na waters waar rus is, lei Hy my heen.

Saterdag, 25 November 2023

Matteus 7:12Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

Vrydag, 24 November 2023

Handelinge 4:32EN die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.

Donderdag, 23 November 2023

Spreuke 3:9Vereer die Here uit jou goed
en uit die eerstelinge van al jou inkomste.

Woensdag, 22 November 2023

1 Korintiërs 12:12WANT net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.

Dinsdag, 21 November 2023

Jeremia 31:25Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.

Maandag, 20 November 2023

Psalm 86:11Leer my, Here, u weg:
ek sal in u waarheid wandel;
verenig my hart tot die vrees van u Naam.

Sondag, 19 November 2023

Romeine 16:17En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.

Saterdag, 18 November 2023

Efesiërs 6:18Terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges.

Vrydag, 17 November 2023

Spreuke 14:12Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk,
maar die einde daarvan is weë van die dood.

Donderdag, 16 November 2023

Hebreërs 7:25Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.

Woensdag, 15 November 2023

Matteus 24:13Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

Dinsdag, 14 November 2023

Psalm 13:6Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek;
my hart sal juig oor u heil.
Ek wil sing tot eer van die Here,
omdat Hy aan my goed gedoen het.

Maandag, 13 November 2023

1 Petrus 1:15-16Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

Sondag, 12 November 2023

Galasiërs 6:9En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

Saterdag, 11 November 2023

Spreuke 4:11In die weg van die wysheid onderrig ek jou,
ek laat jou die spore van opregtheid betree.

Vrydag, 10 November 2023

Handelinge 16:31Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.

Donderdag, 09 November 2023

Matteus 12:36Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.

Woensdag, 08 November 2023

Psalm 103:8Barmhartig en genadig is die Here,
lankmoedig en groot van goedertierenheid.

Dinsdag, 07 November 2023

1 Johannes 4:19Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Maandag, 06 November 2023

1 Timoteus 6:11Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.

Sondag, 05 November 2023

Sefanja 2:3Soek die Here, o alle ootmoediges van die land,
wat sy ordening onderhou;
soek geregtigheid, soek ootmoedigheid
— miskien sal julle verborge bly
op die dag van die toorn van die Here.

Saterdag, 04 November 2023

Filippense 2:3Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

Vrydag, 03 November 2023

Markus 9:35En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.

Donderdag, 02 November 2023

Psalm 34:7Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor,
en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.

Woensdag, 01 November 2023

Johannes 1:18Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.

Bybelvers van die dag

Die vrees vir die mens span 'n strik;
maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk