DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Desember 2023)

Sondag, 31 Desember 2023

Romeine 12:12Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.

Saterdag, 30 Desember 2023

Jakobus 1:19SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

Vrydag, 29 Desember 2023

Jesaja 40:31Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag;
hulle vaar op met vleuels soos die arende;
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle wandel en word nie mat nie.

Donderdag, 28 Desember 2023

Efesiërs 6:10EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.

Woensdag, 27 Desember 2023

Galasiërs 5:1STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.

Dinsdag, 26 Desember 2023

Psalm 18:29Want U laat my lamp skyn;
die Here my God laat my duisternis opklaar.

Maandag, 25 Desember 2023

Lukas 2:11Dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.

Sondag, 24 Desember 2023

Matteus 1:21En sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Saterdag, 23 Desember 2023

Jesaja 25:1Here, U is my God!
U sal ek verhoog;
u Naam sal ek loof;
want U het wonders gedoen,
raadsbesluite uit ver tye,
waarheid en trou.

Vrydag, 22 Desember 2023

Hebreërs 13:8Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Donderdag, 21 Desember 2023

Johannes 15:10As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

Woensdag, 20 Desember 2023

Psalm 32:7U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid;
U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.

Dinsdag, 19 Desember 2023

Johannes 17:3En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

Maandag, 18 Desember 2023

1 Korintiërs 1:10MAAR ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.

Sondag, 17 Desember 2023

Prediker 3:1ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd.

Saterdag, 16 Desember 2023

Jeremia 33:3Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

Vrydag, 15 Desember 2023

2 Korintiërs 5:18En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het.

Donderdag, 14 Desember 2023

Psalm 56:4Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.

Woensdag, 13 Desember 2023

1 Johannes 4:1GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.

Dinsdag, 12 Desember 2023

1 Tessalonisense 5:6Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.

Maandag, 11 Desember 2023

Spreuke 18:11Die goed van die ryke is sy sterk stad
en soos 'n steil muur in sy verbeelding.

Sondag, 10 Desember 2023

Romeine 6:14Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

Saterdag, 09 Desember 2023

1 Johannes 3:18My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.

Vrydag, 08 Desember 2023

Psalm 90:4Want duisend jaar is in u oë
soos die dag van gister as dit verbyskiet,
en soos 'n nagwaak.

Donderdag, 07 Desember 2023

Jakobus 4:4Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God.

Woensdag, 06 Desember 2023

Kolossense 3:2Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

Dinsdag, 05 Desember 2023

Spreuke 16:3Laat jou werke aan die Here oor,
dan sal jou planne uitgevoer word.

Maandag, 04 Desember 2023

Hebreërs 13:6Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?

Sondag, 03 Desember 2023

Matteus 11:28Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Saterdag, 02 Desember 2023

Psalm 119:7Ek sal U loof in opregtheid van hart
as ek u regverdige verordeninge leer.

Vrydag, 01 Desember 2023

Efesiërs 5:3Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam.

Bybelvers van die dag

Die vrees vir die mens span 'n strik;
maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk