DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Oktober 2023)

Dinsdag, 31 Oktober 2023

Klaagliedere 5:19Ú, Here, sit vir ewig,
u troon is van geslag tot geslag.

Maandag, 30 Oktober 2023

Miga 6:8Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is;
en wat vra die Here van jou
anders as om reg te doen en liefde te betrag
en ootmoedig te wandel met jou God?

Sondag, 29 Oktober 2023

Romeine 11:33O, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!

Saterdag, 28 Oktober 2023

Johannes 13:35Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

Vrydag, 27 Oktober 2023

Psalm 9:2Ek wil die Here loof met my hele hart;
ek wil al u wonders vertel.

Donderdag, 26 Oktober 2023

1 Tessalonisense 5:16-18Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Woensdag, 25 Oktober 2023

Hebreërs 5:9En nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword.

Dinsdag, 24 Oktober 2023

Spreuke 31:30Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid;
'n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word.

Maandag, 23 Oktober 2023

Prediker 12:13Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.

Sondag, 22 Oktober 2023

Johannes 3:21Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.

Saterdag, 21 Oktober 2023

Psalm 3:4Maar U, Here, is 'n skild wat my beskut,
my eer en die Een wat my hoof ophef.

Vrydag, 20 Oktober 2023

Johannes 15:18As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.

Donderdag, 19 Oktober 2023

Matteus 16:26Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?

Woensdag, 18 Oktober 2023

Spreuke 14:5'n Betroubare getuie lieg nie,
maar 'n valse getuie strooi leuens uit.

Dinsdag, 17 Oktober 2023

Matteus 10:38En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.

Maandag, 16 Oktober 2023

1 Johannes 2:15Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

Sondag, 15 Oktober 2023

Psalm 62:13En aan U, o Here, behoort die goedertierenheid;
want U vergeld elkeen na sy werk.

Saterdag, 14 Oktober 2023

Jakobus 4:7Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Vrydag, 13 Oktober 2023

Matteus 11:29-30Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.

Donderdag, 12 Oktober 2023

Jeremia 23:24Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die Here. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die Here.

Woensdag, 11 Oktober 2023

1 Korintiërs 10:24Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.

Dinsdag, 10 Oktober 2023

Hebreërs 11:1DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Maandag, 09 Oktober 2023

Psalm 121:3Hy kan jou voet nie laat wankel nie;
jou Bewaarder kan nie sluimer nie.

Sondag, 08 Oktober 2023

Romeine 10:4Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.

Saterdag, 07 Oktober 2023

1 Petrus 2:24Wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

Vrydag, 06 Oktober 2023

Prediker 8:11OMDAT die oordeel oor 'n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen.

Donderdag, 05 Oktober 2023

Romeine 8:26En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.

Woensdag, 04 Oktober 2023

2 Korintiërs 4:17Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid.

Dinsdag, 03 Oktober 2023

Spreuke 28:13Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie;
maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

Maandag, 02 Oktober 2023

2 Johannes 1:8Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar 'n volle loon ontvang.

Sondag, 01 Oktober 2023

1 Johannes 4:18Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

Bybelvers van die dag

Die vrees vir die mens span 'n strik;
maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk