DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (September 2023)

Saterdag, 30 September 2023

Psalm 119:165Die wat u wet liefhet, het groot vrede,
en vir hulle is daar geen struikelblok nie.

Vrydag, 29 September 2023

1 Johannes 2:28En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie.

Donderdag, 28 September 2023

Jakobus 4:10Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Woensdag, 27 September 2023

Spreuke 4:25Laat jou oë reguit kyk
en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.

Dinsdag, 26 September 2023

Galasiërs 6:8Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

Maandag, 25 September 2023

Johannes 15:1-2EK is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

Sondag, 24 September 2023

Psalm 119:1WELGELUKSALIG is die opregtes van weg,
wat in die wet van die Here wandel.

Saterdag, 23 September 2023

1 Korintiërs 1:28-29En wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.

Vrydag, 22 September 2023

1 Timoteus 6:7-8Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie. Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.

Donderdag, 21 September 2023

Spreuke 19:16Wie die gebod hou, bewaar sy lewe;
hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.

Woensdag, 20 September 2023

Efesiërs 2:10Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Dinsdag, 19 September 2023

Romeine 1:16WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

Maandag, 18 September 2023

Psalm 108:4Ek wil U loof onder die volke, o Here,
en psalmsing tot u eer, onder die nasies.

Sondag, 17 September 2023

Levitikus 20:26En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die Here, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.

Saterdag, 16 September 2023

Romeine 1:11-12Want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word; dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.

Vrydag, 15 September 2023

Spreuke 3:5-6Vertrou op die Here met jou hele hart
en steun nie op jou eie insig nie.
Ken Hom in al jou weë,
dan sal Hý jou paaie gelykmaak.

Donderdag, 14 September 2023

Jakobus 1:9-10Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid, en die ryke in sy geringheid, want soos 'n blom van die gras sal hy verbygaan.

Woensdag, 13 September 2023

1 Korintiërs 8:6Tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

Dinsdag, 12 September 2023

Psalm 119:14Ek is vrolik in die weg van u getuienisse
soos oor allerhande rykdom.

Maandag, 11 September 2023

Johannes 1:3Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Sondag, 10 September 2023

Romeine 8:16Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

Saterdag, 09 September 2023

Spreuke 25:28'n Afgebreekte stad sonder muur,
so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.

Vrydag, 08 September 2023

Efesiërs 5:15-16Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.

Donderdag, 07 September 2023

Hebreërs 10:36Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.

Woensdag, 06 September 2023

Psalm 16:2Ek het tot die Here gesê: U is my Here;
vir my is daar geen goed bo U nie.

Dinsdag, 05 September 2023

2 Timoteus 2:22Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.

Maandag, 04 September 2023

1 Korintiërs 15:56Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.

Sondag, 03 September 2023

Spreuke 11:25Die siel wat seën, word versadig;
en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

Saterdag, 02 September 2023

Matteus 17:5Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!

Vrydag, 01 September 2023

Matteus 5:11Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

Bybelvers van die dag

Die vrees vir die mens span 'n strik;
maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Die siel wat seën, word versadig;
en hy wat laaf, word self ook gelaaf.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk