DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Augustus 2023)

Donderdag, 31 Augustus 2023

Psalm 91:1-2HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit,
sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting,
my God op wie ek vertrou.

Woensdag, 30 Augustus 2023

Johannes 13:34'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.

Dinsdag, 29 Augustus 2023

Galasiërs 5:17Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

Maandag, 28 Augustus 2023

Spreuke 16:20Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind;
en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig.

Sondag, 27 Augustus 2023

Johannes 15:16Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

Saterdag, 26 Augustus 2023

Efesiërs 6:11Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Vrydag, 25 Augustus 2023

Psalm 97:10O Liefhebbers van die Here, haat die kwaad!
Hy bewaar die siele van sy gunsgenote,
Hy red hulle uit die hand van die goddelose.

Donderdag, 24 Augustus 2023

Handelinge 4:11Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het.

Woensdag, 23 Augustus 2023

1 Johannes 5:4Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

Dinsdag, 22 Augustus 2023

1 Korintiërs 3:9WANT ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.

Maandag, 21 Augustus 2023

Prediker 1:18Want by baie wysheid is baie verdriet,
en wie kennis vermeerder, vermeerder smart.

Sondag, 20 Augustus 2023

Hebreërs 6:10Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.

Saterdag, 19 Augustus 2023

Psalm 84:11Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend;
ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God
as om te woon in die tente van goddeloosheid.

Vrydag, 18 Augustus 2023

Genesis 2:3En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

Donderdag, 17 Augustus 2023

Markus 10:45Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.

Woensdag, 16 Augustus 2023

Spreuke 14:23In enige moeitevolle arbeid is voordeel,
maar praatjies is net tot gebrek.

Dinsdag, 15 Augustus 2023

Filippense 4:23Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Maandag, 14 Augustus 2023

Johannes 3:17Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

Sondag, 13 Augustus 2023

Psalm 139:4Want daar is nog geen woord op my tong nie —
of U, Here, U ken dit geheel en al.

Saterdag, 12 Augustus 2023

Efesiërs 1:17Dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee.

Vrydag, 11 Augustus 2023

Matteus 6:14Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

Donderdag, 10 Augustus 2023

Jesaja 40:29Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

Woensdag, 09 Augustus 2023

1 Johannes 3:11Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê.

Dinsdag, 08 Augustus 2023

Esegiël 18:21Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.

Maandag, 07 Augustus 2023

Psalm 33:6Deur die Woord van die Here is die hemele gemaak
en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.

Sondag, 06 Augustus 2023

Handelinge 17:28Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.

Saterdag, 05 Augustus 2023

Romeine 8:8En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.

Vrydag, 04 Augustus 2023

Job 19:25MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef;
en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.

Donderdag, 03 Augustus 2023

1 Johannes 5:5Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Woensdag, 02 Augustus 2023

Johannes 1:14En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.

Dinsdag, 01 Augustus 2023

Psalm 143:8Laat my u goedertierenheid in die môre hoor,
want op U vertrou ek;
maak my bekend die pad wat ek moet gaan,
want ek hef my siel op tot U.

Bybelvers van die dag

Die vrees vir die mens span 'n strik;
maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk