DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Junie 2023)

Vrydag, 30 Junie 2023

Johannes 16:7Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur.

Donderdag, 29 Junie 2023

Jesaja 26:8Ook in die weg van u oordele
het ons U verwag, o Here!
Tot u Naam en tot u gedenknaam
gaan die begeerte van ons siel uit.

Woensdag, 28 Junie 2023

2 Korintiërs 5:17Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Dinsdag, 27 Junie 2023

Titus 2:14Wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.

Maandag, 26 Junie 2023

Psalm 40:12U, o Here, sal u barmhartighede van my nie terughou nie;
laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.

Sondag, 25 Junie 2023

Jakobus 3:2Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.

Saterdag, 24 Junie 2023

1 Johannes 1:6As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

Vrydag, 23 Junie 2023

Hosea 13:6Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was, het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.

Donderdag, 22 Junie 2023

Lukas 6:33En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.

Woensdag, 21 Junie 2023

Handelinge 3:19Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.

Dinsdag, 20 Junie 2023

Psalm 62:6Wees net maar stil tot God, my siel,
want van Hom is my verwagting!

Maandag, 19 Junie 2023

1 Korintiërs 3:18Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word.

Sondag, 18 Junie 2023

Johannes 14:8Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.

Saterdag, 17 Junie 2023

Spreuke 19:22Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid;
en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.

Vrydag, 16 Junie 2023

3 Johannes 1:2Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan.

Donderdag, 15 Junie 2023

Romeine 8:14Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

Woensdag, 14 Junie 2023

Psalm 119:10Ek soek U met my hele hart;
laat my nie afdwaal van u gebooie nie.

Dinsdag, 13 Junie 2023

1 Johannes 4:4Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

Maandag, 12 Junie 2023

Prediker 5:9Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs.

Sondag, 11 Junie 2023

Job 23:10-11Want Hy weet hoe my wandel is;
as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
Aan sy voetstap het my voet vasgehou;
sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai.

Saterdag, 10 Junie 2023

Lukas 12:24Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!

Vrydag, 09 Junie 2023

Efesiërs 5:1WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders.

Donderdag, 08 Junie 2023

Psalm 19:8Die wet van die Here is volmaak:
dit verkwik die siel;
die getuienis van die Here is gewis:
dit gee wysheid aan die eenvoudige.

Woensdag, 07 Junie 2023

Johannes 14:23Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Dinsdag, 06 Junie 2023

Efesiërs 6:17En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God.

Maandag, 05 Junie 2023

Psalm 121:1-2Ek slaan my oë op na die berge:
waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.

Sondag, 04 Junie 2023

Matteus 7:7Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

Saterdag, 03 Junie 2023

Jeremia 29:13En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.

Vrydag, 02 Junie 2023

Spreuke 10:12Haat verwek twiste,
maar liefde bedek al die oortredinge.

Donderdag, 01 Junie 2023

Johannes 6:51Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.

Bybelvers van die dag

Die lankmoedige is beter as 'n held;
en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;
bind dit om jou hals,
skryf dit op die tafel van jou hart,
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
in die oë van God en die mense.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk