- God is vir ons 'n toevlug en sterkte;
as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. - Want die Here het die reg lief
en sal sy gunsgenote nie verlaat nie;
vir ewig word hulle bewaar,
maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei. - En tot die ouderdom toe is Ék dieselfde,
ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra;
Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem,
en Ék sal dra en red. - Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou.
- En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.
- Die Here is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.
- Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
- Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.
- Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
- En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou,
omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here! - In enige moeitevolle arbeid is voordeel,
maar praatjies is net tot gebrek. - Want die woord van die Here is reg,
en al sy werk is met trou. - Maar wie roem, moet in die Here roem. Want nie hy wat homself aanbeveel, dié is beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word.
- O Liefhebbers van die Here, haat die kwaad!
Hy bewaar die siele van sy gunsgenote,
Hy red hulle uit die hand van die goddelose. - As ek dink: My voet wankel —
dan ondersteun u goedertierenheid my, o Here! - Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele
en u trou tot by die wolke. - Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here Here: Geeneen van my woorde sal meer uitgestel word nie; wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur, spreek die Here Here.
- Want berge mag wyk en heuwels wankel,
maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk
en my vredeverbond nie wankel nie,
sê die Here, jou Ontfermer. - Want wie is God buiten die Here,
en wie is 'n rots behalwe onse God? - Laat jou oë reguit kyk
en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. - Die Rots — volkome is sy werk;
want al sy weë is strafgerigte;
'n God van trou en sonder onreg;
regverdig en reg is Hy. - O Here, hoor my gebed;
luister tog na my smekinge;
verhoor my in u trou, in u geregtigheid. - U, o Here, sal u barmhartighede van my nie terughou nie;
laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed. - Hy sal jou dek met sy vlerke,
en onder sy vleuels sal jy skuil;
sy trou is 'n skild en pantser. - Die weg van die Here is vir die opregte 'n vesting,
maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
Bybelvers van die dag
Wie is dan tog die Erekoning?Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela.
Willekeurig Bybelvers
Omdat jy kostelik is in my oë,hooggeag is, en Ek jou liefhet,
daarom gee Ek mense in jou plek
en volke vir jou lewe.Volgende vers!Met beeld