DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Maart 2016)

Donderdag, 31 Maart 2016

Spreuke 12:24Die hand van die vlytiges sal heers,
maar traagheid lei tot dwangarbeid.

Woensdag, 30 Maart 2016

1 Petrus 3:9Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.

Dinsdag, 29 Maart 2016

1 Timoteus 6:6Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins.

Maandag, 28 Maart 2016

Psalm 28:7Die Here is my sterkte en my skild;
op Hom het my hart vertrou,
en ek is gehelp; daarom jubel my hart
en sal ek Hom loof met my gesang.

Sondag, 27 Maart 2016

Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het.

Saterdag, 26 Maart 2016

Jesaja 53:4Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem,
en óns smarte — dié het Hy gedra;
maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag,
deur God geslaan en verdruk was.

Vrydag, 25 Maart 2016

Johannes 19:30En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.

Donderdag, 24 Maart 2016

Spreuke 18:16Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte
en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.

Woensdag, 23 Maart 2016

EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.

Dinsdag, 22 Maart 2016

1 Johannes 3:16Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.

Maandag, 21 Maart 2016

Psalm 119:2Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar,
Hom van ganser harte soek.

Sondag, 20 Maart 2016

Johannes 16:33Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Saterdag, 19 Maart 2016

3 Johannes 1:2Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan.

Vrydag, 18 Maart 2016

Psalm 51:3-4Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid;
delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
Was my heeltemal van my ongeregtigheid
en reinig my van my sonde.

Donderdag, 17 Maart 2016

Vra na die Here en sy sterkte;
soek sy aangesig altyddeur.

Woensdag, 16 Maart 2016

En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Dinsdag, 15 Maart 2016

Wat buig jy jou neer, o my siel,
en wat is jy onrustig in my?
Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
die verlossing van my aangesig en my God!

Maandag, 14 Maart 2016

En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Sondag, 13 Maart 2016

En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.

Saterdag, 12 Maart 2016

Psalm 103:1Loof die Here, o my siel,
en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!

Vrydag, 11 Maart 2016

Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word.

Donderdag, 10 Maart 2016

Josua 24:15Maar as dit verkeerd is in julle oë om die Here te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die Here dien.

Woensdag, 09 Maart 2016

Spreuke 30:5Elke woord van God is gelouter;
Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.

Dinsdag, 08 Maart 2016

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Maandag, 07 Maart 2016

Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus!

Sondag, 06 Maart 2016

Psalm 63:2O God, U is my God, U soek ek;
my siel dors na U,
my vlees smag na U,
in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.

Saterdag, 05 Maart 2016

Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.

Vrydag, 04 Maart 2016

Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.

Donderdag, 03 Maart 2016

Laat alles wat asem het, die Here loof!
Halleluja!

Woensdag, 02 Maart 2016

Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Dinsdag, 01 Maart 2016

Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.

Bybelvers van die dag

Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?
Deur dit te hou na u woord.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk