DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (April 2016)

Saterdag, 30 April 2016

Psalm 34:2Ek wil die Here altyd loof;
sy lof sal altyddeur in my mond wees.

Vrydag, 29 April 2016

Job 6:14VIR die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend,
ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.

Donderdag, 28 April 2016

EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!

Woensdag, 27 April 2016

Psalm 130:1-2Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Dinsdag, 26 April 2016

En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.

Maandag, 25 April 2016

Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God.

Sondag, 24 April 2016

Spreuke 27:12As 'n skrandere die onheil sien, verberg hy hom;
maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf.

Saterdag, 23 April 2016

En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

Vrydag, 22 April 2016

Romeine 12:9LAAT die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan.

Donderdag, 21 April 2016

Psalm 91:1-2HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit,
sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting,
my God op wie ek vertrou.

Woensdag, 20 April 2016

Johannes 11:25-26Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?

Dinsdag, 19 April 2016

Lukas 6:37En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

Maandag, 18 April 2016

Werp jou sorg op die Here,
en Hy sal jou onderhou;
Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.

Sondag, 17 April 2016

Romeine 12:4-5Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

Saterdag, 16 April 2016

Matteus 6:16En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

Vrydag, 15 April 2016

Psalm 23:1-2Die Here is my herder;
niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerlê in groen weivelde;
na waters waar rus is, lei Hy my heen.

Donderdag, 14 April 2016

Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.

Woensdag, 13 April 2016

Joël 2:13En skeur julle hart en nie julle klere nie,
en bekeer julle tot die Here julle God;
want Hy is genadig en barmhartig,
lankmoedig en groot van goedertierenheid,
en Een wat berou het oor die onheil.

Dinsdag, 12 April 2016

Psalm 34:15Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is;
soek die vrede en jaag dit na.

Maandag, 11 April 2016

Handelinge 20:24Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.

Sondag, 10 April 2016

Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Saterdag, 09 April 2016

Psalm 147:3Hy genees die wat gebroke is van hart,
en Hy verbind hulle wonde.

Vrydag, 08 April 2016

VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging.

Donderdag, 07 April 2016

Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

Woensdag, 06 April 2016

Die vrees van die Here is die tug van die wysheid,
en nederigheid gaan aan die eer vooraf.

Dinsdag, 05 April 2016

Romeine 1:16WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

Maandag, 04 April 2016

1 Johannes 4:7GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.

Sondag, 03 April 2016

Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word;
as hy sy lippe toehou, vir verstandig.

Saterdag, 02 April 2016

Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Vrydag, 01 April 2016

Laat alles by julle in liefde geskied.

Bybelvers van die dag

En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

LAAT die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk