DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Mei 2016)

Dinsdag, 31 Mei 2016

1 Petrus 1:8-9Vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

Maandag, 30 Mei 2016

Filippense 4:4Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!

Sondag, 29 Mei 2016

Psalm 62:2Ja, my siel is stil tot God;
van Hom is my heil.

Saterdag, 28 Mei 2016

Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

Vrydag, 27 Mei 2016

Sagaria 7:9-10So het die Here van die leërskare gespreek en gesê: Spreek 'n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander. En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.

Donderdag, 26 Mei 2016

Psalm 105:1LOOF die Here, roep sy Naam aan,
maak onder die volke sy dade bekend.

Woensdag, 25 Mei 2016

Hebreërs 12:11Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

Dinsdag, 24 Mei 2016

2 Timoteus 2:15Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

Maandag, 23 Mei 2016

Prediker 5:9Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs.

Sondag, 22 Mei 2016

Deuteronomium 28:1AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

Saterdag, 21 Mei 2016

Markus 10:45Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.

Vrydag, 20 Mei 2016

1 Kronieke 16:34Loof die Here, want Hy is goed,
want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Donderdag, 19 Mei 2016

Julle moet die Here julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.

Woensdag, 18 Mei 2016

Romeine 8:37Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

Dinsdag, 17 Mei 2016

Psalm 108:6Verhef U bo die hemele, o God,
en u heerlikheid bo die hele aarde!

Maandag, 16 Mei 2016

Romeine 12:11Wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here.

Sondag, 15 Mei 2016

Handelinge 2:3-4Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Saterdag, 14 Mei 2016

Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie 'n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

Vrydag, 13 Mei 2016

Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

Donderdag, 12 Mei 2016

Psalm 18:7Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep,
en ek het tot my God geroep om hulp;
Hy het my stem uit sy paleis gehoor,
en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.

Woensdag, 11 Mei 2016

Efesiërs 4:29Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.

Dinsdag, 10 Mei 2016

Die Here is goed,
'n toevlug in die dag van benoudheid,
en Hy ken die wat by Hom skuil.

Maandag, 09 Mei 2016

En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou,
omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here!

Sondag, 08 Mei 2016

Ook het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.

Saterdag, 07 Mei 2016

Jakobus 1:22En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.

Vrydag, 06 Mei 2016

Psalm 25:6-7Dink, Here, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede,
want dié is van ewigheid af.
Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie;
dink aan my na u goedertierenheid,
om u goedheid ontwil, o Here!

Donderdag, 05 Mei 2016

Handelinge 1:9En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

Woensdag, 04 Mei 2016

Markus 10:27Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.

Dinsdag, 03 Mei 2016

Psalm 9:10So is die Here dan 'n rotsvesting vir die verdrukte,
'n rotsvesting in tye van benoudheid.

Maandag, 02 Mei 2016

Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.

Sondag, 01 Mei 2016

2 Korintiërs 9:7Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.

Bybelvers van die dag

Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Loof die Here, o my siel,
en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk