DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Junie 2016)

Donderdag, 30 Junie 2016

Romeine 6:15Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!

Woensdag, 29 Junie 2016

Jesaja 41:13Want Ek, die Here jou God,
gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê:
Wees nie bevrees nie, Ek help jou.

Dinsdag, 28 Junie 2016

Hou valsheid en leuentaal ver van my af;
gee my nie armoede of rykdom nie,
laat my geniet die brood wat vir my bestem is.

Maandag, 27 Junie 2016

Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

Sondag, 26 Junie 2016

Die Here sal jou seën en jou behoed;
die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

Saterdag, 25 Junie 2016

Psalm 40:12U, o Here, sal u barmhartighede van my nie terughou nie;
laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.

Vrydag, 24 Junie 2016

Filippense 4:9En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.

Donderdag, 23 Junie 2016

En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.

Woensdag, 22 Junie 2016

Spreuke 18:12Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig,
maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.

Dinsdag, 21 Junie 2016

Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Maandag, 20 Junie 2016

Jesaja 55:11So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan:
dit sal nie leeg na My terugkeer nie,
maar doen wat My behaag
en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.

Sondag, 19 Junie 2016

Dood en lewe is in die mag van die tong;
en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

Saterdag, 18 Junie 2016

DAAROM is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy 'n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.

Vrydag, 17 Junie 2016

1 Korintiërs 16:13Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.

Donderdag, 16 Junie 2016

Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid
en verwerf insig deur al wat jy besit.

Woensdag, 15 Junie 2016

Johannes 8:31-32En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Dinsdag, 14 Junie 2016

Miga 7:18Wie is 'n God soos U,
wat die ongeregtigheid vergewe
en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan?
Hy hou toorn nie vir ewig vas nie,
maar het 'n welbehae in goedertierenheid.

Maandag, 13 Junie 2016

Geloofd sy die Here!
Dag ná dag dra Hy ons;
God is ons heil! Sela.

Sondag, 12 Junie 2016

GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.

Saterdag, 11 Junie 2016

Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.

Vrydag, 10 Junie 2016

Psalm 119:9Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?
Deur dit te hou na u woord.

Donderdag, 09 Junie 2016

1 Timoteus 6:11Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.

Woensdag, 08 Junie 2016

IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug.

Dinsdag, 07 Junie 2016

Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid;
en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man.

Maandag, 06 Junie 2016

Openbaring 3:20Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

Sondag, 05 Junie 2016

En wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.

Saterdag, 04 Junie 2016

Spreuke 21:26Die hele dag deur word daar dringend begeer,
maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

Vrydag, 03 Junie 2016

Matteus 5:6Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid,
want hulle sal versadig word.

Donderdag, 02 Junie 2016

Matteus 6:7En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

Woensdag, 01 Junie 2016

Spreuke 10:12Haat verwek twiste,
maar liefde bedek al die oortredinge.

Bybelvers van die dag

Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk