DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Julie 2016)

Sondag, 31 Julie 2016

Spreuke 16:24Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek:
soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.

Saterdag, 30 Julie 2016

Filippense 4:20Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

Vrydag, 29 Julie 2016

Handelinge 2:38En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Donderdag, 28 Julie 2016

Psalm 121:3Hy kan jou voet nie laat wankel nie;
jou Bewaarder kan nie sluimer nie.

Woensdag, 27 Julie 2016

Handelinge 16:25En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.

Dinsdag, 26 Julie 2016

Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.

Maandag, 25 Julie 2016

Psalm 121:1-2Ek slaan my oë op na die berge:
waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.

Sondag, 24 Julie 2016

Matteus 6:21Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

Saterdag, 23 Julie 2016

Filippense 4:19En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.

Vrydag, 22 Julie 2016

'n Man met baie vriende word geruïneer,
maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer.

Donderdag, 21 Julie 2016

1 Korintiërs 15:57Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

Woensdag, 20 Julie 2016

Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Dinsdag, 19 Julie 2016

Laat my u goedertierenheid in die môre hoor,
want op U vertrou ek;
maak my bekend die pad wat ek moet gaan,
want ek hef my siel op tot U.

Maandag, 18 Julie 2016

En laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

Sondag, 17 Julie 2016

Romeine 5:3-4En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop.

Saterdag, 16 Julie 2016

Vertrou op die Here, en doen wat goed is;
bewoon die aarde en beoefen getrouheid.

Vrydag, 15 Julie 2016

Romeine 8:14Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

Donderdag, 14 Julie 2016

Openbaring 21:3-4En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

Woensdag, 13 Julie 2016

Spreuke 14:12Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk,
maar die einde daarvan is weë van die dood.

Dinsdag, 12 Julie 2016

Jesaja 30:18En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag
om julle genadig te wees,
en daarom sal Hy Hom verhef
om Hom oor julle te ontferm;
want die Here is 'n God van die gerig.
Welgeluksalig almal wat op Hom wag!

Maandag, 11 Julie 2016

Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Sondag, 10 Julie 2016

Psalm 63:4-5Want u goedertierenheid is beter as die lewe;
my lippe moet U prys.
Só sal ek U prys my lewe lank,
in u Naam my hande ophef.

Saterdag, 09 Julie 2016

Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.

Vrydag, 08 Julie 2016

Romeine 8:18WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.

Donderdag, 07 Julie 2016

Spreuke 13:3Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe;
wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.

Woensdag, 06 Julie 2016

Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.

Dinsdag, 05 Julie 2016

As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Maandag, 04 Julie 2016

Psalm 119:11Ek het u woord in my hart gebêre,
dat ek teen U nie sal sondig nie.

Sondag, 03 Julie 2016

Matteus 7:7Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

Saterdag, 02 Julie 2016

Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is.

Vrydag, 01 Julie 2016

Spreuke 19:16Wie die gebod hou, bewaar sy lewe;
hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Oefen die seun volgens die eis van sy weg;
dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk