DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Augustus 2016)

Woensdag, 31 Augustus 2016

Matteus 7:3En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?

Dinsdag, 30 Augustus 2016

Laat jou werke aan die Here oor,
dan sal jou planne uitgevoer word.

Maandag, 29 Augustus 2016

Efesiërs 3:20-21En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

Sondag, 28 Augustus 2016

Matteus 21:21Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see — sal dit gebeur.

Saterdag, 27 Augustus 2016

Spreuke 3:5-6Vertrou op die Here met jou hele hart
en steun nie op jou eie insig nie.
Ken Hom in al jou weë,
dan sal Hý jou paaie gelykmaak.

Vrydag, 26 Augustus 2016

Dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee.

Donderdag, 25 Augustus 2016

En die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Woensdag, 24 Augustus 2016

Help ons, o God van ons heil,
om die eer van u Naam,
en red ons en doen versoening oor ons sondes
ter wille van u Naam.

Dinsdag, 23 Augustus 2016

MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

Maandag, 22 Augustus 2016

Johannes 6:29Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.

Sondag, 21 Augustus 2016

'n NAAM is verkiesliker as groot rykdom,
guns beter as silwer en as goud.

Saterdag, 20 Augustus 2016

1 Johannes 1:6As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

Vrydag, 19 Augustus 2016

Jeremia 29:13En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.

Donderdag, 18 Augustus 2016

Psalm 31:20O, Hoe groot is u goedheid
wat U weggelê het vir die wat U vrees,
wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil,
in teenwoordigheid van die mensekinders!

Woensdag, 17 Augustus 2016

Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

Dinsdag, 16 Augustus 2016

Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Maandag, 15 Augustus 2016

Psalm 73:26Al beswyk my vlees en my hart —
God is die rots van my hart
en my deel tot in ewigheid.

Sondag, 14 Augustus 2016

Matteus 10:38En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.

Saterdag, 13 Augustus 2016

Job 1:20-21Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die Here het gegee, en die Here het geneem: die Naam van die Here sy geloofd!

Vrydag, 12 Augustus 2016

Psalm 119:30Ek het die weg van waarheid verkies;
u verordeninge het ek voor my gestel.

Donderdag, 11 Augustus 2016

WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.

Woensdag, 10 Augustus 2016

Handelinge 3:19Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.

Dinsdag, 09 Augustus 2016

Die vrees vir die mens span 'n strik;
maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.

Maandag, 08 Augustus 2016

ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.

Sondag, 07 Augustus 2016

Esegiël 18:32Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here Here. Bekeer julle dan en lewe.

Saterdag, 06 Augustus 2016

Spreuke 10:17'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem;
maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.

Vrydag, 05 Augustus 2016

Galasiërs 5:25As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

Donderdag, 04 Augustus 2016

Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel
en jou sondes soos 'n wolk;
keer terug na My, want Ek het jou verlos.

Woensdag, 03 Augustus 2016

Psalm 145:1O My God, o Koning, ek wil U verhoog
en u Naam loof vir ewig en altyd.

Dinsdag, 02 Augustus 2016

Efesiërs 4:26-27Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie.

Maandag, 01 Augustus 2016

1 Johannes 1:7Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk