DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (September 2016)

Vrydag, 30 September 2016

Esegiël 38:23So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

Donderdag, 29 September 2016

Spreuke 28:13Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie;
maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

Woensdag, 28 September 2016

Johannes 15:16Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

Dinsdag, 27 September 2016

Amos 3:7Want die Here Here doen niks
tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte,
die profete, geopenbaar het nie.

Maandag, 26 September 2016

Spreuke 18:2Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie,
maar net daarin dat sy hart openbaar word.

Sondag, 25 September 2016

Efesiërs 5:22-23VROUE, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.

Saterdag, 24 September 2016

Markus 12:31En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.

Vrydag, 23 September 2016

Wie geregtigheid en weldadigheid najaag,
sal die lewe, geregtigheid en eer vind.

Donderdag, 22 September 2016

1 Kronieke 29:12En die rykdom en die eer kom van U, en U heers oor alles; en in u hand is krag en mag, en in u hand is dit om alles groot en sterk te maak.

Woensdag, 21 September 2016

Jesaja 51:12Ek is dit wat julle troos!
Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe,
en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras?

Dinsdag, 20 September 2016

Spreuke 31:8Maak jou mond oop vir die stomme,
vir die regsaak van almal wat wegkwyn.

Maandag, 19 September 2016

Jakobus 5:14-15Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

Sondag, 18 September 2016

En dit is die Here wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.

Saterdag, 17 September 2016

Psalm 30:6Want 'n oomblik is daar in sy toorn,
'n lewe in sy goedgunstigheid;
saans vernag die geween,
maar smôrens is daar gejuig.

Vrydag, 16 September 2016

Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.

Donderdag, 15 September 2016

1 Timoteus 2:9-10SO ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie, maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.

Woensdag, 14 September 2016

Die ryke heers oor die armes,
en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.

Dinsdag, 13 September 2016

Matteus 5:14Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie.

Maandag, 12 September 2016

1 Johannes 3:11Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê.

Sondag, 11 September 2016

Psalm 138:8Die Here sal dit vir my voleindig!
U goedertierenheid, Here, is tot in ewigheid:
laat nie vaar die werke van u hande nie!

Saterdag, 10 September 2016

Jesaja 40:29Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

Vrydag, 09 September 2016

Joël 2:12Maar selfs nou nog, spreek die Here,
bekeer julle tot My met julle hele hart,
en met vas en geween en rouklag.

Donderdag, 08 September 2016

Spreuke 6:20BEWAAR, my seun, die gebod van jou vader,
en verwerp die onderwysing van jou moeder nie.

Woensdag, 07 September 2016

Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?

Dinsdag, 06 September 2016

Johannes 8:34Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is.

Maandag, 05 September 2016

Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind;
en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig.

Sondag, 04 September 2016

En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.

Saterdag, 03 September 2016

Dra my soos 'n seëlring op u hart,
soos 'n seëlring op u arm;
want liefde is sterk soos die dood,
die liefdes-ywer is hard soos die doderyk,
sy gloed is 'n gloed van vuur,
'n vlam van die Here.

Vrydag, 02 September 2016

Psalm 33:6Deur die Woord van die Here is die hemele gemaak
en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.

Donderdag, 01 September 2016

Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

Bybelvers van die dag

Wees sterk, en laat julle hart sterk wees,
almal wat op die Here wag!

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk