DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Oktober 2016)

Maandag, 31 Oktober 2016

Johannes 13:14As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.

Sondag, 30 Oktober 2016

Spreuke 14:29Die lankmoedige is groot van verstand,
maar die kortgebondene behaal sotheid.

Saterdag, 29 Oktober 2016

Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

Vrydag, 28 Oktober 2016

1 Korintiërs 9:25En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike.

Donderdag, 27 Oktober 2016

Psalm 32:7U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid;
U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.

Woensdag, 26 Oktober 2016

Geseënd is die man wat op die Here vertrou,
en wie se vertroue die Here is.
Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is
en sy wortels uitskiet by die stroom
en nie vrees as daar hitte kom nie,
maar sy blad bly groen;
en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie
en hou nie op om vrugte te dra nie.

Dinsdag, 25 Oktober 2016

Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

Maandag, 24 Oktober 2016

Psalm 107:9Want Hy het die dorstige siel versadig
en die hongerige siel met die goeie vervul.

Sondag, 23 Oktober 2016

Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie. Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.

Saterdag, 22 Oktober 2016

1 Johannes 2:16Want alles wat in die wêreld is — die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe — is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.

Vrydag, 21 Oktober 2016

Spreuke 8:13Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is;
hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel
en 'n huigelagtige mond haat ek.

Donderdag, 20 Oktober 2016

Matteus 6:13En lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid
tot in ewigheid. Amen.

Woensdag, 19 Oktober 2016

Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.

Dinsdag, 18 Oktober 2016

Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;
bind dit om jou hals,
skryf dit op die tafel van jou hart,
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
in die oë van God en die mense.

Maandag, 17 Oktober 2016

Johannes 15:8Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.

Sondag, 16 Oktober 2016

Nehemia 8:10Daarop het Nehemía — hy was die goewerneur — en Esra, die priester, die skrifgeleerde, en die Leviete wat die volk onderrig, aan die hele volk gesê: Hierdie dag is heilig aan die Here julle God; treur nie en ween nie! Want die hele volk het geween toe hulle die woorde van die wet hoor.

Saterdag, 15 Oktober 2016

Maak my voetstappe vas in u woord,
en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.

Vrydag, 14 Oktober 2016

Romeine 8:26En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.

Donderdag, 13 Oktober 2016

1 Johannes 5:4Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

Woensdag, 12 Oktober 2016

Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here,
en kennis van die Heilige is verstand.

Dinsdag, 11 Oktober 2016

Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

Maandag, 10 Oktober 2016

Johannes 14:18Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.

Sondag, 09 Oktober 2016

Psalm 105:4Vra na die Here en sy sterkte;
soek sy aangesig altyddeur.

Saterdag, 08 Oktober 2016

Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

Vrydag, 07 Oktober 2016

En vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe.

Donderdag, 06 Oktober 2016

Psalm 103:8Barmhartig en genadig is die Here,
lankmoedig en groot van goedertierenheid.

Woensdag, 05 Oktober 2016

Job 23:12Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie;
die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.

Dinsdag, 04 Oktober 2016

Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.

Maandag, 03 Oktober 2016

1 Korintiërs 12:13Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

Sondag, 02 Oktober 2016

Psalm 62:3Hy alleen is my rots en my heil,
my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.

Saterdag, 01 Oktober 2016

Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

Bybelvers van die dag

Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk