DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (November 2016)

Woensdag, 30 November 2016

2 Korintiërs 4:17Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid.

Dinsdag, 29 November 2016

Spreuke 17:9Wie 'n oortreding bedek, soek liefde;
maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.

Maandag, 28 November 2016

Eksodus 19:5As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.

Sondag, 27 November 2016

Jakobus 4:10Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Saterdag, 26 November 2016

Psalm 32:5My sonde het ek U bekend gemaak,
en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.
Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely;
en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.

Vrydag, 25 November 2016

Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.

Donderdag, 24 November 2016

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

Woensdag, 23 November 2016

Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan,
maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.

Dinsdag, 22 November 2016

1 Tessalonisense 5:16-18Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Maandag, 21 November 2016

Miga 7:7Maar ek sal uitsien na die Here,
ek wil wag op die God van my heil,
my God sal my hoor.

Sondag, 20 November 2016

Lei my in u waarheid en leer my,
want U is die God van my heil.
U verwag ek die hele dag.

Saterdag, 19 November 2016

Maleagi 2:2As julle nie gehoor gee nie, en as julle dit nie ter harte neem om my Naam eer te bewys nie, sê die Here van die leërskare, dan sal Ek die vloek onder julle stuur en julle seëninge in 'n vloek verander; ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat julle niks ter harte neem nie.

Vrydag, 18 November 2016

Handelinge 16:31Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.

Donderdag, 17 November 2016

Wie het ek buiten U in die hemel?
Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.

Woensdag, 16 November 2016

Matteus 11:29-30Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.

Dinsdag, 15 November 2016

Klaagliedere 3:24Die Here is my deel, sê my siel,
daarom sal ek op Hom hoop.

Maandag, 14 November 2016

Sagtheid van tong is 'n lewensboom,
maar valsheid daarin is verbreking in die gees.

Sondag, 13 November 2016

1 Korintiërs 1:9God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.

Saterdag, 12 November 2016

Maleagi 4:2Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

Vrydag, 11 November 2016

Spreuke 3:11-12My seun, verag die tug van die Here nie,
en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
want die Here tugtig hom wat Hy liefhet,
ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.

Donderdag, 10 November 2016

Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.

Woensdag, 09 November 2016

Deuteronomium 4:39Daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die Here God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.

Dinsdag, 08 November 2016

Spreuke 3:9Vereer die Here uit jou goed
en uit die eerstelinge van al jou inkomste.

Maandag, 07 November 2016

Hebreërs 13:6Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?

Sondag, 06 November 2016

1 Korintiërs 6:12ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.

Saterdag, 05 November 2016

Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige,
maar uit dié almal red die Here hom.

Vrydag, 04 November 2016

Genesis 1:3En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.

Donderdag, 03 November 2016

DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Woensdag, 02 November 2016

Spreuke 3:31-32Wees nie afgunstig op 'n man van geweld
en verkies geeneen van sy weë nie.
Want die verkeerde is vir die Here 'n gruwel,
maar sy verborgenheid is met die opregtes.

Dinsdag, 01 November 2016

Efesiërs 6:11Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit
dat broers ook saamwoon!
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk