DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Desember 2016)

Saterdag, 31 Desember 2016

En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

Vrydag, 30 Desember 2016

Handelinge 17:30God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer.

Donderdag, 29 Desember 2016

Spreuke 10:9Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig,
maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.

Woensdag, 28 Desember 2016

Markus 9:35En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.

Dinsdag, 27 Desember 2016

1 Johannes 4:19Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Maandag, 26 Desember 2016

Psalm 103:12So ver as die ooste verwyderd is van die weste,
so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

Sondag, 25 Desember 2016

Eer aan God in die hoogste hemele
en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!

Saterdag, 24 Desember 2016

Lukas 2:4-5En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was, om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.

Vrydag, 23 Desember 2016

Psalm 31:17Laat u aangesig skyn oor u kneg,
verlos my deur u goedertierenheid.

Donderdag, 22 Desember 2016

Eksodus 23:25En julle moet die Here julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.

Woensdag, 21 Desember 2016

Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

Dinsdag, 20 Desember 2016

Ek wil die Here loof met my hele hart;
ek wil al u wonders vertel.

Maandag, 19 Desember 2016

Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, deurdat julle die woord van die lewe vashou.

Sondag, 18 Desember 2016

Jesaja 25:1Here, U is my God!
U sal ek verhoog;
u Naam sal ek loof;
want U het wonders gedoen,
raadsbesluite uit ver tye,
waarheid en trou.

Saterdag, 17 Desember 2016

Spreuke 23:4-5Vermoei jou nie om ryk te word nie,
laat staan jou slimheid.
Sou jy jou oë daarop laat afvlieg?
Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke
en vlieg soos die arend na die hemel toe!

Vrydag, 16 Desember 2016

1 Petrus 1:15-16Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

Donderdag, 15 Desember 2016

2 Kronieke 15:2bDie Here is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

Woensdag, 14 Desember 2016

Want die Here het die reg lief
en sal sy gunsgenote nie verlaat nie;
vir ewig word hulle bewaar,
maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.

Dinsdag, 13 Desember 2016

Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie.

Maandag, 12 Desember 2016

Johannes 12:26As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.

Sondag, 11 Desember 2016

Spreuke 3:7-8Wees nie wys in jou eie oë nie;
vrees die Here, en wyk af van die kwaad;
dit sal genesing wees vir jou liggaam
en verkwikking vir jou gebeente.

Saterdag, 10 Desember 2016

Handelinge 2:21En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Vrydag, 09 Desember 2016

2 Timoteus 4:18En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

Donderdag, 08 Desember 2016

Psalm 23:6Net goedheid en guns sal my volg
al die dae van my lewe;
en ek sal in die huis van die Here bly
in lengte van dae.

Woensdag, 07 Desember 2016

Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.

Dinsdag, 06 Desember 2016

Josua 23:14En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die Here julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.

Maandag, 05 Desember 2016

Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud,
en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.

Sondag, 04 Desember 2016

1 Korintiërs 8:6Tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

Saterdag, 03 Desember 2016

Kolossense 2:16-17Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of sabbat nie, wat 'n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.

Vrydag, 02 Desember 2016

God sal ons seën,
en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.

Donderdag, 01 Desember 2016

1 Johannes 2:15Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

Bybelvers van die dag

Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk