DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Januarie 2017)

Dinsdag, 31 Januarie 2017

Psalm 118:5Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep;
die Here het my verhoor in die ruimte.

Maandag, 30 Januarie 2017

Wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is.

Sondag, 29 Januarie 2017

Romeine 10:11Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

Saterdag, 28 Januarie 2017

Spreuke 31:9Maak jou mond oop, oordeel regverdig,
en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.

Vrydag, 27 Januarie 2017

Jakobus 1:19SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

Donderdag, 26 Januarie 2017

Wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.

Woensdag, 25 Januarie 2017

Psalm 139:23-24Deurgrond my, o God, en ken my hart;
toets my en ken my gedagtes;
en kyk of daar by my 'n weg is van smart,
en lei my op die ewige weg!

Dinsdag, 24 Januarie 2017

Matteus 7:12Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

Maandag, 23 Januarie 2017

My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.

Sondag, 22 Januarie 2017

Die oë van die Here is op die regverdiges,
en sy ore tot hulle hulpgeroep.

Saterdag, 21 Januarie 2017

Omdat jy kostelik is in my oë,
hooggeag is, en Ek jou liefhet,
daarom gee Ek mense in jou plek
en volke vir jou lewe.

Vrydag, 20 Januarie 2017

Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.

Donderdag, 19 Januarie 2017

Die sot verag die tug van sy vader,
maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.

Woensdag, 18 Januarie 2017

En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.

Dinsdag, 17 Januarie 2017

Johannes 10:9Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.

Maandag, 16 Januarie 2017

Psalm 56:4Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.

Sondag, 15 Januarie 2017

Jeremia 33:3Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

Saterdag, 14 Januarie 2017

Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

Vrydag, 13 Januarie 2017

Spreuke 16:28'n Man van valse streke saai tweedrag,
en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar.

Donderdag, 12 Januarie 2017

Romeine 8:35Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?

Woensdag, 11 Januarie 2017

Lukas 10:20Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.

Dinsdag, 10 Januarie 2017

Psalm 59:17Maar ék sal sing van u sterkte
en elke môre jubel oor u goedertierenheid,
want U was 'n rotsvesting vir my
en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was.

Maandag, 09 Januarie 2017

Filippense 2:3Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

Sondag, 08 Januarie 2017

Mag die Here onse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie.

Saterdag, 07 Januarie 2017

Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie,
maar geregtigheid red van die dood.

Vrydag, 06 Januarie 2017

Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor negen-en-negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.

Donderdag, 05 Januarie 2017

Galasiërs 6:9En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

Woensdag, 04 Januarie 2017

Die weg van God is volmaak;
die woord van die Here is gelouter;
Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.

Dinsdag, 03 Januarie 2017

LAAT ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder 'n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.

Maandag, 02 Januarie 2017

Jakobus 1:6Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

Sondag, 01 Januarie 2017

Psalm 112:1HALLELUJA!
Welgeluksalig is die man wat die Here vrees,
wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk