DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Desember 2018)

Maandag, 31 Desember 2018

Efesiërs 5:3Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam.

Sondag, 30 Desember 2018

Psalm 28:7Die Here is my sterkte en my skild;
op Hom het my hart vertrou,
en ek is gehelp; daarom jubel my hart
en sal ek Hom loof met my gesang.

Saterdag, 29 Desember 2018

Jakobus 4:10Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Vrydag, 28 Desember 2018

Filippense 2:9-10Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is.

Donderdag, 27 Desember 2018

Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.

Woensdag, 26 Desember 2018

Jesaja 60:1STAAN op, word verlig; want jou lig kom,
en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op.

Dinsdag, 25 Desember 2018

Lukas 2:10En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees.

Maandag, 24 Desember 2018

Spreuke 23:24Die vader van 'n regverdige juig baie;
en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.

Sondag, 23 Desember 2018

Romeine 10:17Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Saterdag, 22 Desember 2018

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

Vrydag, 21 Desember 2018

Spreuke 3:9Vereer die Here uit jou goed
en uit die eerstelinge van al jou inkomste.

Donderdag, 20 Desember 2018

Handelinge 16:31Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.

Woensdag, 19 Desember 2018

Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

Dinsdag, 18 Desember 2018

Spreuke 3:3-4Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;
bind dit om jou hals,
skryf dit op die tafel van jou hart,
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
in die oë van God en die mense.

Maandag, 17 Desember 2018

1 Korintiërs 6:19-20Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

Sondag, 16 Desember 2018

Handelinge 26:22-23Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie: dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en 'n lig aan die volk en die heidene sou verkondig.

Saterdag, 15 Desember 2018

Maak my voetstappe vas in u woord,
en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.

Vrydag, 14 Desember 2018

Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God.

Donderdag, 13 Desember 2018

Matteus 11:29-30Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.

Woensdag, 12 Desember 2018

Spreuke 1:23Wend julle tot my teregwysing,
dan laat ek my gees vir julle uitstroom,
wil ek my woorde aan julle bekend maak.

Dinsdag, 11 Desember 2018

En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.

Maandag, 10 Desember 2018

Efesiërs 5:15-16Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.

Sondag, 09 Desember 2018

Psalm 115:1NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Saterdag, 08 Desember 2018

Jakobus 4:7Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Vrydag, 07 Desember 2018

Romeine 1:16WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

Donderdag, 06 Desember 2018

Spreuke 31:8Maak jou mond oop vir die stomme,
vir die regsaak van almal wat wegkwyn.

Woensdag, 05 Desember 2018

Hebreërs 11:1DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Dinsdag, 04 Desember 2018

Matteus 20:26-27Maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees.

Maandag, 03 Desember 2018

Spreuke 6:20BEWAAR, my seun, die gebod van jou vader,
en verwerp die onderwysing van jou moeder nie.

Sondag, 02 Desember 2018

Jesaja 61:10Ek is baie bly in die Here,
my siel juig in my God;
want Hy het my beklee met die klere van heil,
my in die mantel van geregtigheid gewikkel —
soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind,
en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.

Saterdag, 01 Desember 2018

Matteus 16:26Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?

Bybelvers van die dag

Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind;
en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk