DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (September 2020)

Woensdag, 30 September 2020

Johannes 16:7Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur.

Dinsdag, 29 September 2020

Psalm 119:9Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?
Deur dit te hou na u woord.

Maandag, 28 September 2020

2 Timoteus 2:15Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

Sondag, 27 September 2020

Numeri 6:24-26Die Here sal jou seën en jou behoed;
die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

Saterdag, 26 September 2020

Spreuke 24:14Erken dat die wysheid só is vir jou siel;
as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms,
en jou hoop sal nie verydel word nie.

Vrydag, 25 September 2020

Romeine 8:28En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Donderdag, 24 September 2020

Kolossense 1:13-14Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.

Woensdag, 23 September 2020

Psalm 33:22Laat u goedertierenheid, Here,
oor ons wees net soos ons op U wag!

Dinsdag, 22 September 2020

1 Johannes 4:18Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

Maandag, 21 September 2020

Lukas 18:27Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.

Sondag, 20 September 2020

Klaagliedere 3:24Die Here is my deel, sê my siel,
daarom sal ek op Hom hoop.

Saterdag, 19 September 2020

Esegiël 20:19-20Ek is die Here julle God; wandel in my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit. En heilig my sabbatte; en hulle sal 'n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die Here julle God is.

Vrydag, 18 September 2020

Hebreërs 12:11Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

Donderdag, 17 September 2020

Spreuke 13:10Vermetelheid gee net getwis af;
maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.

Woensdag, 16 September 2020

Johannes 15:18As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.

Dinsdag, 15 September 2020

1 Korintiërs 16:13Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.

Maandag, 14 September 2020

Psalm 34:7Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor,
en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.

Sondag, 13 September 2020

Lukas 6:33En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.

Saterdag, 12 September 2020

1 Petrus 1:8-9Vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

Vrydag, 11 September 2020

Psalm 31:17Laat u aangesig skyn oor u kneg,
verlos my deur u goedertierenheid.

Donderdag, 10 September 2020

Joël 2:13En skeur julle hart en nie julle klere nie,
en bekeer julle tot die Here julle God;
want Hy is genadig en barmhartig,
lankmoedig en groot van goedertierenheid,
en Een wat berou het oor die onheil.

Woensdag, 09 September 2020

Johannes 8:44Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.

Dinsdag, 08 September 2020

Spreuke 4:24Verwyder van jou die valsheid van mond,
en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.

Maandag, 07 September 2020

Filippense 3:20Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus.

Sondag, 06 September 2020

Matteus 5:6Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid,
want hulle sal versadig word.

Saterdag, 05 September 2020

Psalm 62:2Ja, my siel is stil tot God;
van Hom is my heil.

Vrydag, 04 September 2020

Markus 1:15En gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.

Donderdag, 03 September 2020

1 Korintiërs 13:1AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.

Woensdag, 02 September 2020

Psalm 119:2Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar,
Hom van ganser harte soek.

Dinsdag, 01 September 2020

Filippense 4:4Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!

Bybelvers van die dag

Die lankmoedige is beter as 'n held;
en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk