DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (April 2021)

Vrydag, 30 April 2021

Jakobus 1:6Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

Donderdag, 29 April 2021

Spreuke 8:13Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is;
hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel
en 'n huigelagtige mond haat ek.

Woensdag, 28 April 2021

Markus 9:35En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.

Dinsdag, 27 April 2021

Numeri 23:19God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hý iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?

Maandag, 26 April 2021

Psalm 9:2Ek wil die Here loof met my hele hart;
ek wil al u wonders vertel.

Sondag, 25 April 2021

Romeine 16:17En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.

Saterdag, 24 April 2021

Hebreërs 13:6Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?

Vrydag, 23 April 2021

Psalm 120:2O Here, red my siel van die valse lippe,
van die bedrieglike tong!

Donderdag, 22 April 2021

Johannes 13:35Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

Woensdag, 21 April 2021

1 Tessalonisense 5:6Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.

Dinsdag, 20 April 2021

Prediker 12:13Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.

Maandag, 19 April 2021

Eksodus 23:25En julle moet die Here julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.

Sondag, 18 April 2021

Efesiërs 1:3GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus.

Saterdag, 17 April 2021

Psalm 103:8Barmhartig en genadig is die Here,
lankmoedig en groot van goedertierenheid.

Vrydag, 16 April 2021

1 Johannes 2:15Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

Donderdag, 15 April 2021

Handelinge 16:31Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.

Woensdag, 14 April 2021

Spreuke 10:20Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer;
die hart van die goddelose is min werd.

Dinsdag, 13 April 2021

Job 37:23Die Almagtige — ons vind Hom nie;
Hy is groot van krag,
maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.

Maandag, 12 April 2021

1 Korintiërs 10:24Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.

Sondag, 11 April 2021

Psalm 34:20Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige,
maar uit dié almal red die Here hom.

Saterdag, 10 April 2021

1 Tessalonisense 5:16-18Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Vrydag, 09 April 2021

Matteus 11:29-30Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.

Donderdag, 08 April 2021

Spreuke 29:25Die vrees vir die mens span 'n strik;
maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.

Woensdag, 07 April 2021

Jesaja 60:1STAAN op, word verlig; want jou lig kom,
en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op.

Dinsdag, 06 April 2021

2 Korintiërs 4:17Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid.

Maandag, 05 April 2021

Psalm 108:6Verhef U bo die hemele, o God,
en u heerlikheid bo die hele aarde!

Sondag, 04 April 2021

Matteus 28:5-6Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het.

Saterdag, 03 April 2021

Filippense 1:29Omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly.

Vrydag, 02 April 2021

1 Petrus 2:24Wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

Donderdag, 01 April 2021

Psalm 79:9Help ons, o God van ons heil,
om die eer van u Naam,
en red ons en doen versoening oor ons sondes
ter wille van u Naam.

Bybelvers van die dag

En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk