DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Maart 2021)

Woensdag, 31 Maart 2021

Matteus 16:26Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?

Dinsdag, 30 Maart 2021

Jakobus 4:10Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Maandag, 29 Maart 2021

Spreuke 3:9Vereer die Here uit jou goed
en uit die eerstelinge van al jou inkomste.

Sondag, 28 Maart 2021

Johannes 13:20Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

Saterdag, 27 Maart 2021

Filippense 4:6-7Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

Vrydag, 26 Maart 2021

Psalm 130:1-2Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Donderdag, 25 Maart 2021

Romeine 11:33O, DIEPTE van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!

Woensdag, 24 Maart 2021

Jakobus 3:10Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

Dinsdag, 23 Maart 2021

Spreuke 18:21Dood en lewe is in die mag van die tong;
en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

Maandag, 22 Maart 2021

Matteus 7:13-14Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Sondag, 21 Maart 2021

Jakobus 4:4Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God.

Saterdag, 20 Maart 2021

Psalm 111:10Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid;
almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand.
Sy lof bestaan tot in ewigheid.

Vrydag, 19 Maart 2021

Galasiërs 6:8Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

Donderdag, 18 Maart 2021

Jeremia 23:24Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die Here. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die Here.

Woensdag, 17 Maart 2021

Psalm 10:12Staan op, Here! o God, hef u hand op;
vergeet die ellendiges nie!

Dinsdag, 16 Maart 2021

1 Timoteus 6:11Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.

Maandag, 15 Maart 2021

Efesiërs 5:15-16Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.

Sondag, 14 Maart 2021

Psalm 19:9Die bevele van die Here is reg:
hulle verbly die hart;
die gebod van die Here is suiwer:
dit verlig die oë.

Saterdag, 13 Maart 2021

Romeine 1:16WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

Vrydag, 12 Maart 2021

Jakobus 4:7Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Donderdag, 11 Maart 2021

Klaagliedere 5:19Ú, Here, sit vir ewig,
u troon is van geslag tot geslag.

Woensdag, 10 Maart 2021

Galasiërs 3:5Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?

Dinsdag, 09 Maart 2021

Hebreërs 11:1DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Maandag, 08 Maart 2021

Spreuke 21:21Wie geregtigheid en weldadigheid najaag,
sal die lewe, geregtigheid en eer vind.

Sondag, 07 Maart 2021

Hebreërs 13:8Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Saterdag, 06 Maart 2021

Efesiërs 2:13Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

Vrydag, 05 Maart 2021

Psalm 121:3Hy kan jou voet nie laat wankel nie;
jou Bewaarder kan nie sluimer nie.

Donderdag, 04 Maart 2021

Efesiërs 6:11Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Woensdag, 03 Maart 2021

1 Johannes 5:4Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

Dinsdag, 02 Maart 2021

Psalm 32:7U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid;
U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.

Maandag, 01 Maart 2021

Romeine 8:16Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

Bybelvers van die dag

Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk