DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Mei 2021)

Maandag, 31 Mei 2021

Deuteronomium 6:6-7En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.

Sondag, 30 Mei 2021

Psalm 56:4Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.

Saterdag, 29 Mei 2021

Romeine 6:1-2WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Vrydag, 28 Mei 2021

Matteus 11:28Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Donderdag, 27 Mei 2021

Spreuke 31:8Maak jou mond oop vir die stomme,
vir die regsaak van almal wat wegkwyn.

Woensdag, 26 Mei 2021

Josua 22:5Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Moses, die kneg van die Here, julle beveel het, om die Here julle God lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.

Dinsdag, 25 Mei 2021

Matteus 7:12Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

Maandag, 24 Mei 2021

Psalm 38:10Here, voor U is al my begeertes,
en my gesug is vir U nie verborge nie.

Sondag, 23 Mei 2021

Handelinge 2:33Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.

Saterdag, 22 Mei 2021

Romeine 13:14Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

Vrydag, 21 Mei 2021

Johannes 17:3En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

Donderdag, 20 Mei 2021

Psalm 118:8Dit is beter om by die Here te skuil
as om op mense te vertrou.

Woensdag, 19 Mei 2021

Romeine 15:13En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

Dinsdag, 18 Mei 2021

Matteus 10:39Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

Maandag, 17 Mei 2021

Spreuke 12:20Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk;
maar die wat vrede aanraai, het vreugde.

Sondag, 16 Mei 2021

Johannes 4:14Maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

Saterdag, 15 Mei 2021

Jeremia 33:3Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

Vrydag, 14 Mei 2021

Psalm 86:11Leer my, Here, u weg:
ek sal in u waarheid wandel;
verenig my hart tot die vrees van u Naam.

Donderdag, 13 Mei 2021

Lukas 24:50-51EN Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.

Woensdag, 12 Mei 2021

1 Petrus 1:15-16Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

Dinsdag, 11 Mei 2021

Psalm 119:133Maak my voetstappe vas in u woord,
en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.

Maandag, 10 Mei 2021

Galasiërs 6:9En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

Sondag, 09 Mei 2021

1 Johannes 4:19Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Saterdag, 08 Mei 2021

Psalm 115:3Terwyl onse God tog in die hemel is;
Hy doen alles wat Hom behaag.

Vrydag, 07 Mei 2021

Jeremia 31:25Want Ek verkwik die vermoeide siel en elke kwynende siel versadig Ek.

Donderdag, 06 Mei 2021

Filippense 2:3Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

Woensdag, 05 Mei 2021

Prediker 4:10Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te tel.

Dinsdag, 04 Mei 2021

Johannes 1:18Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.

Maandag, 03 Mei 2021

Jesaja 25:1Here, U is my God!
U sal ek verhoog;
u Naam sal ek loof;
want U het wonders gedoen,
raadsbesluite uit ver tye,
waarheid en trou.

Sondag, 02 Mei 2021

Psalm 32:3Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer
in my gebrul die hele dag.

Saterdag, 01 Mei 2021

Efesiërs 5:3Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk