DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Junie 2021)

22 Junie 2021

Romeine 12:15Wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween.

21 Junie 2021

Galasiërs 5:1STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.

20 Junie 2021

Psalm 68:5-6Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam,
vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry:
Here is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!
'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees
is God in sy heilige woning.

19 Junie 2021

Jesaja 40:31Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag;
hulle vaar op met vleuels soos die arende;
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle wandel en word nie mat nie.

18 Junie 2021

Lukas 6:27-28Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat. Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.

17 Junie 2021

Spreuke 13:3Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe;
wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang.

16 Junie 2021

Hebreërs 4:15Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

15 Junie 2021

1 Korintiërs 1:10MAAR ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.

14 Junie 2021

Psalm 145:1O My God, o Koning, ek wil U verhoog
en u Naam loof vir ewig en altyd.

13 Junie 2021

Jesaja 43:4Omdat jy kostelik is in my oë,
hooggeag is, en Ek jou liefhet,
daarom gee Ek mense in jou plek
en volke vir jou lewe.

12 Junie 2021

Jakobus 1:19SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

11 Junie 2021

Spreuke 14:29Die lankmoedige is groot van verstand,
maar die kortgebondene behaal sotheid.

10 Junie 2021

Romeine 6:14Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

09 Junie 2021

Johannes 15:10As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.

08 Junie 2021

Psalm 119:30Ek het die weg van waarheid verkies;
u verordeninge het ek voor my gestel.

07 Junie 2021

Jesaja 55:9Want soos die hemel hoër is as die aarde,
so is my weë hoër as julle weë
en my gedagtes as julle gedagtes.

06 Junie 2021

1 Johannes 3:18My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.

05 Junie 2021

Psalm 28:7Die Here is my sterkte en my skild;
op Hom het my hart vertrou,
en ek is gehelp; daarom jubel my hart
en sal ek Hom loof met my gesang.

04 Junie 2021

Handelinge 2:21En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

03 Junie 2021

Kolossense 3:2Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

02 Junie 2021

Psalm 19:2-3Die hemele vertel die eer van God,
en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit,
en die een nag kondig vir die ander kennis aan.

01 Junie 2021

Matteus 5:4Salig is die wat treur,
want hulle sal vertroos word.

Bybelvers van die dag

Wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Persoonlike Bybelleesplan

Skep 'n rekening om jou Bybelleesplan te konfigureer en jy sal jou vordering en die volgende hoofstuk sien om hier te lees!