DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Julie 2021)

Saterdag, 31 Julie 2021

1 Korintiërs 13:2En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

Vrydag, 30 Julie 2021

Romeine 8:32Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?

Donderdag, 29 Julie 2021

Spreuke 15:1'n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af,
maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.

Woensdag, 28 Julie 2021

Galasiërs 5:14Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Dinsdag, 27 Julie 2021

Galasiërs 5:6Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.

Maandag, 26 Julie 2021

Psalm 145:3Die Here is groot en baie lofwaardig,
en sy grootheid is ondeurgrondelik.

Sondag, 25 Julie 2021

Johannes 1:12Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.

Saterdag, 24 Julie 2021

1 Johannes 5:14En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

Vrydag, 23 Julie 2021

Spreuke 22:6Oefen die seun volgens die eis van sy weg;
dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.

Donderdag, 22 Julie 2021

Romeine 14:13LAAT ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder 'n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.

Woensdag, 21 Julie 2021

Romeine 8:35Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?

Dinsdag, 20 Julie 2021

Psalm 20:5Mag Hy u gee na u hart
en al u voornemens vervul!

Maandag, 19 Julie 2021

Lukas 8:16EN niemand steek 'n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder 'n bed nie; maar hy sit dit op 'n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.

Sondag, 18 Julie 2021

Efesiërs 3:16-17Dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is.

Saterdag, 17 Julie 2021

Psalm 107:9Want Hy het die dorstige siel versadig
en die hongerige siel met die goeie vervul.

Vrydag, 16 Julie 2021

Lukas 6:45Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.

Donderdag, 15 Julie 2021

Jakobus 5:16Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.

Woensdag, 14 Julie 2021

Psalm 46:11Laat staan en weet dat Ek God is;
Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.

Dinsdag, 13 Julie 2021

Kolossense 3:12Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.

Maandag, 12 Julie 2021

Lukas 3:11En hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.

Sondag, 11 Julie 2021

Spreuke 15:33Die vrees van die Here is die tug van die wysheid,
en nederigheid gaan aan die eer vooraf.

Saterdag, 10 Julie 2021

Romeine 10:9As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.

Vrydag, 09 Julie 2021

1 Johannes 3:24En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly: aan die Gees wat Hy ons gegee het.

Donderdag, 08 Julie 2021

Psalm 30:6Want 'n oomblik is daar in sy toorn,
'n lewe in sy goedgunstigheid;
saans vernag die geween,
maar smôrens is daar gejuig.

Woensdag, 07 Julie 2021

Efesiërs 4:26-27Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie.

Dinsdag, 06 Julie 2021

Jeremia 29:11Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.

Maandag, 05 Julie 2021

2 Samuel 22:32Want wie is God buiten die Here,
en wie 'n rots buiten onse God?

Sondag, 04 Julie 2021

Johannes 14:15As julle My liefhet, bewaar my gebooie.

Saterdag, 03 Julie 2021

Efesiërs 4:32Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Vrydag, 02 Julie 2021

Prediker 11:5Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.

Donderdag, 01 Julie 2021

Sagaria 14:9En die Here sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die Here een wees, en sy Naam een.

Bybelvers van die dag

WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk