DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Augustus 2022)

Woensdag, 31 Augustus 2022

2 Korintiërs 5:1WANT ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.

Dinsdag, 30 Augustus 2022

Jakobus 3:16Want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.

Maandag, 29 Augustus 2022

Spreuke 9:10Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here,
en kennis van die Heilige is verstand.

Sondag, 28 Augustus 2022

Openbaring 22:21Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Saterdag, 27 Augustus 2022

Genesis 2:18Ook het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.

Vrydag, 26 Augustus 2022

Psalm 18:36-37Ook het U my die skild van u uitredding gegee,
en u regterhand het my ondersteun,
en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
U het my voetstap ruim gemaak onder my,
en my enkels het nie gewankel nie.

Donderdag, 25 Augustus 2022

1 Korintiërs 13:3En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

Woensdag, 24 Augustus 2022

Romeine 12:16Wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie.

Dinsdag, 23 Augustus 2022

Spreuke 10:22Die seën van die Here — dit maak ryk,
en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.

Maandag, 22 Augustus 2022

Jakobus 4:12Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat 'n ander oordeel?

Sondag, 21 Augustus 2022

Lukas 12:32Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.

Vrydag, 19 Augustus 2022

Genesis 1:3En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.

Donderdag, 18 Augustus 2022

Efesiërs 6:4En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.

Woensdag, 17 Augustus 2022

Spreuke 11:18Die goddelose behaal oneerlike wins,
maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon.

Dinsdag, 16 Augustus 2022

Johannes 15:11Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.

Maandag, 15 Augustus 2022

2 Korintiërs 9:10En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem.

Sondag, 14 Augustus 2022

Psalm 37:5-6Laat jou weg aan die Here oor
en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig
en jou reg soos die middag.

Saterdag, 13 Augustus 2022

Openbaring 22:12En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

Vrydag, 12 Augustus 2022

Efesiërs 5:8Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig.

Donderdag, 11 Augustus 2022

Spreuke 4:26Maak die pad van jou voet gelyk,
en laat al jou weë vas wees.

Woensdag, 10 Augustus 2022

1 Johannes 4:21En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.

Dinsdag, 09 Augustus 2022

Matteus 5:44Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg.

Maandag, 08 Augustus 2022

Psalm 56:5Deur God sal ek sy woord prys;
ek vertrou op God, ek vrees nie;
wat kan vlees my doen?

Sondag, 07 Augustus 2022

Jakobus 3:18En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

Saterdag, 06 Augustus 2022

Judas 1:2Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle vermenigvuldig word!

Vrydag, 05 Augustus 2022

Spreuke 12:16Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word,
maar die skrandere verberg skande.

Donderdag, 04 Augustus 2022

1 Petrus 3:14Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.

Woensdag, 03 Augustus 2022

Matteus 6:34Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

Dinsdag, 02 Augustus 2022

Psalm 143:1O Here, hoor my gebed;
luister tog na my smekinge;
verhoor my in u trou, in u geregtigheid.

Maandag, 01 Augustus 2022

Filippense 2:9-10Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is.

Bybelvers van die dag

NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk