DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Maart 2026

Donderdag, 19 Maart 2026

Lukas 12:22b-23Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.

Woensdag, 18 Maart 2026

Johannes 15:16Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

Dinsdag, 17 Maart 2026

Psalm 51:3-4Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid;
delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
Was my heeltemal van my ongeregtigheid
en reinig my van my sonde.

Maandag, 16 Maart 2026

Galasiërs 5:4Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.

Sondag, 15 Maart 2026

Jakobus 1:18Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.

Saterdag, 14 Maart 2026

Job 37:23Die Almagtige — ons vind Hom nie;
Hy is groot van krag,
maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.

Vrydag, 13 Maart 2026

1 Korintiërs 1:18Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.

Donderdag, 12 Maart 2026

1 Johannes 5:4Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

Woensdag, 11 Maart 2026

Psalm 68:20Geloofd sy die Here!
Dag ná dag dra Hy ons;
God is ons heil! Sela.

Dinsdag, 10 Maart 2026

1 Timoteus 5:8Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.

Maandag, 09 Maart 2026

Prediker 4:9Twee is beter as een, want hulle het 'n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid.

Sondag, 08 Maart 2026

Spreuke 15:1'n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af,
maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.

Saterdag, 07 Maart 2026

Matteus 18:20Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

Vrydag, 06 Maart 2026

Romeine 12:4-5Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

Donderdag, 05 Maart 2026

Psalm 5:13Want U seën die regverdige, o Here,
U omring hom met welbehae soos met 'n skild.

Woensdag, 04 Maart 2026

Matteus 7:3En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?

Dinsdag, 03 Maart 2026

Kolossense 3:5Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is.

Maandag, 02 Maart 2026

Miga 7:19Hy sal Hom weer oor ons ontferm,
ons ongeregtighede vertree;
ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.

Sondag, 01 Maart 2026

Johannes 13:34'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.

Bybelvers van die dag

Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere.

Willekeurig Bybelvers

Vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk