AfrikaansČeština
CzechDansk
DanishDeutsch
GermanEnglish
EnglishEspañol
SpanishFrançais
FrenchItaliano
ItalianMalagasy
MalagasyNederlands
DutchPolski
PolishPortuguês
PortugueseSesotho
Southern SothoSlovenský
SlovakSuomi
FinnishXhosa
XhosaZulu
ZuluΕλληνικά
GreekРусский
Russianاردو
Urduعربى
Arabicفارسی
Persianहिन्दी
Hindiবাংলা
Bengali繁體中文
Chinese (traditional)- Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
- Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
- En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
- Wat buig jy jou neer, o my siel,
en wat is jy onrustig in my?
Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
die verlossing van my aangesig en my God! - Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
- Loof die Here, want Hy is goed,
want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. - Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
- Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
- Soos in die water aangesig teenoor aangesig is,
so is die hart van die mens teenoor die mens. - Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?
- En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.
- Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
- Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.
- En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
- Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
- TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.
- En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.
- Laat alles wat asem het, die Here loof!
Halleluja! - Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.
- Die vriend het altyd lief,
en die broer word gebore met die oog op die nood. - Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.
- En laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
- Hy genees die wat gebroke is van hart,
en Hy verbind hulle wonde. - En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
- Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.
'n Oorsig van die 100 gewildste Bybelverse op DailyVerses.net.
Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra. Help
my om die Woord van God te versprei:
Skenk