DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (September 2014)

Dinsdag, 30 September 2014

En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly: aan die Gees wat Hy ons gegee het.

Maandag, 29 September 2014

DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Sondag, 28 September 2014

Die Here verlos die siel van sy knegte;
en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.

Saterdag, 27 September 2014

En mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is.

Vrydag, 26 September 2014

Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.

Donderdag, 25 September 2014

Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.

Woensdag, 24 September 2014

Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat. Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.

Dinsdag, 23 September 2014

Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Maandag, 22 September 2014

U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid;
U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.

Sondag, 21 September 2014

Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie.

Saterdag, 20 September 2014

Wie 'n oortreding bedek, soek liefde;
maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.

Vrydag, 19 September 2014

Wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is.

Donderdag, 18 September 2014

Geseënd is die man wat op die Here vertrou,
en wie se vertroue die Here is.
Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is
en sy wortels uitskiet by die stroom
en nie vrees as daar hitte kom nie,
maar sy blad bly groen;
en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie
en hou nie op om vrugte te dra nie.

Woensdag, 17 September 2014

Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Dinsdag, 16 September 2014

Want Hy het die dorstige siel versadig
en die hongerige siel met die goeie vervul.

Maandag, 15 September 2014

Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig,
maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.

Sondag, 14 September 2014

Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

Saterdag, 13 September 2014

Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

Vrydag, 12 September 2014

Net goedheid en guns sal my volg
al die dae van my lewe;
en ek sal in die huis van die Here bly
in lengte van dae.

Donderdag, 11 September 2014

Maak my voetstappe vas in u woord,
en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.

Woensdag, 10 September 2014

Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

Dinsdag, 09 September 2014

Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie. Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.

Maandag, 08 September 2014

Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan,
maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.

Sondag, 07 September 2014

Barmhartig en genadig is die Here,
lankmoedig en groot van goedertierenheid.

Saterdag, 06 September 2014

En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

Vrydag, 05 September 2014

My seun, verag die tug van die Here nie,
en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
want die Here tugtig hom wat Hy liefhet,
ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.

Donderdag, 04 September 2014

Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

Woensdag, 03 September 2014

Laat u aangesig skyn oor u kneg,
verlos my deur u goedertierenheid.

Dinsdag, 02 September 2014

Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

Maandag, 01 September 2014

So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk