DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (November 2019)

Saterdag, 30 November 2019

En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

Vrydag, 29 November 2019

Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

Donderdag, 28 November 2019

Prediker 3:12-13So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe. En ook — dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van God.

Woensdag, 27 November 2019

As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Dinsdag, 26 November 2019

MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

Maandag, 25 November 2019

Spreuke 10:8Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan,
maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.

Sondag, 24 November 2019

Matteus 3:8Dra dan vrugte wat by die bekering pas.

Saterdag, 23 November 2019

Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

Vrydag, 22 November 2019

Psalm 139:13-14Want Ú het my niere gevorm,
my in my moeder se skoot geweef.
Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is;
wonderbaar is u werke!
En my siel weet dit alte goed.

Donderdag, 21 November 2019

Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Woensdag, 20 November 2019

Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.

Dinsdag, 19 November 2019

Psalm 34:23Die Here verlos die siel van sy knegte;
en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.

Maandag, 18 November 2019

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Sondag, 17 November 2019

Johannes 7:38Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

Saterdag, 16 November 2019

Spreuke 3:1-2MY seun, vergeet my onderwysing nie,
en laat jou hart my gebooie bewaar;
want dit sal lengte van dae en jare van lewe
en vrede vir jou vermeerder.

Vrydag, 15 November 2019

En wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur.

Donderdag, 14 November 2019

Niemand is heilig soos die Here nie;
ja, daar is niemand buiten U,
en daar is geen rots soos onse God nie.

Woensdag, 13 November 2019

Psalm 15:2-3Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen,
en wat met sy hart die waarheid spreek;
wat nie rondgaan met laster op sy tong nie,
sy vriend geen kwaad doen
en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.

Dinsdag, 12 November 2019

1 Timoteus 2:5Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.

Maandag, 11 November 2019

1 Johannes 3:1KYK wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.

Sondag, 10 November 2019

En verlustig jou in die Here;
dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

Saterdag, 09 November 2019

Jakobus 4:8Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!

Vrydag, 08 November 2019

Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie.

Donderdag, 07 November 2019

Spreuke 19:21Baie planne is in 'n man se hart,
maar die raad van die Here, dié sal bestaan.

Woensdag, 06 November 2019

Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.

Dinsdag, 05 November 2019

Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.

Maandag, 04 November 2019

Psalm 31:25Wees sterk, en laat julle hart sterk wees,
almal wat op die Here wag!

Sondag, 03 November 2019

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Saterdag, 02 November 2019

En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.

Vrydag, 01 November 2019

Spreuke 10:18Hy wat haat verberg, het valse lippe;
en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.

Bybelvers van die dag

Die vrees vir die mens span 'n strik;
maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk