DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Mei 2019)

Vrydag, 31 Mei 2019

Salig is die vredemakers,
want hulle sal kinders van God genoem word.

Donderdag, 30 Mei 2019

Handelinge 1:9En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

Woensdag, 29 Mei 2019

Spreuke 3:7-8Wees nie wys in jou eie oë nie;
vrees die Here, en wyk af van die kwaad;
dit sal genesing wees vir jou liggaam
en verkwikking vir jou gebeente.

Dinsdag, 28 Mei 2019

Openbaring 1:8Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Maandag, 27 Mei 2019

Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.

Sondag, 26 Mei 2019

Psalm 23:4Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee,
ek sal geen onheil vrees nie;
want U is met my:
u stok en u staf dié vertroos my.

Saterdag, 25 Mei 2019

Deuteronomium 5:33In al die weë wat die Here julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.

Vrydag, 24 Mei 2019

Kolossense 3:13Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.

Donderdag, 23 Mei 2019

Psalm 71:8My mond is vol van u lof,
die hele dag van u roem.

Woensdag, 22 Mei 2019

2 Korintiërs 7:1TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.

Dinsdag, 21 Mei 2019

Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;
kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God.
Ek versterk jou, ook help Ek jou,
ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.

Maandag, 20 Mei 2019

Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees,
wat in sy weë wandel!

Sondag, 19 Mei 2019

ONS moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word.

Saterdag, 18 Mei 2019

Jesaja 43:2As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie;
as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie,
en die vlam sal jou nie brand nie.

Vrydag, 17 Mei 2019

Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit
dat broers ook saamwoon!

Donderdag, 16 Mei 2019

ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.

Woensdag, 15 Mei 2019

Johannes 15:13Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

Dinsdag, 14 Mei 2019

Spreuke 3:11-12My seun, verag die tug van die Here nie,
en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
want die Here tugtig hom wat Hy liefhet,
ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.

Maandag, 13 Mei 2019

1 Korintiërs 10:31Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.

Sondag, 12 Mei 2019

Jesaja 49:15-16Kan 'n vrou haar suigling vergeet,
dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie?
Ofskoon hulle sou vergeet,
nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer;
jou mure is gedurig voor My.

Saterdag, 11 Mei 2019

Hulle roep, en die Here hoor,
en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
Die Here is naby die wat gebroke is van hart,
en Hy verlos die wat verslae is van gees.

Vrydag, 10 Mei 2019

Matteus 24:35Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

Donderdag, 09 Mei 2019

2 Korintiërs 1:3-4GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.

Woensdag, 08 Mei 2019

Psalm 37:21Die goddelose leen en gee nie terug nie,
maar die regverdige ontferm hom en gee.

Dinsdag, 07 Mei 2019

2 Korintiërs 9:8En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

Maandag, 06 Mei 2019

Romeine 2:6Wat elkeen sal vergeld na sy werke.

Sondag, 05 Mei 2019

Die Here sal jou bewaar vir elke onheil;
jou siel sal Hy bewaar.
Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar,
van nou af tot in ewigheid.

Saterdag, 04 Mei 2019

Want die Here julle God is genadig en barmhartig, en Hy sal die aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer.

Vrydag, 03 Mei 2019

Johannes 4:24God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Donderdag, 02 Mei 2019

Psalm 32:5My sonde het ek U bekend gemaak,
en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.
Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely;
en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.

Woensdag, 01 Mei 2019

Galasiërs 2:20Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Bybelvers van die dag

Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

BEWAAR, my seun, die gebod van jou vader,
en verwerp die onderwysing van jou moeder nie.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk