DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (April 2020)

Donderdag, 30 April 2020

Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is — God bly in hom, en hy in God.

Woensdag, 29 April 2020

En laat die lieflikheid van die Here onse God oor ons wees,
en bevestig die werk van ons hande oor ons,
ja, die werk van ons hande, bevestig dit!

Dinsdag, 28 April 2020

Maleagi 3:10Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.

Maandag, 27 April 2020

Matteus 6:6Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Sondag, 26 April 2020

Habakuk 3:19Die Here Here is my sterkte,
en Hy maak my voete soos dié van herte,
en Hy laat my tree op my hoogtes.

Saterdag, 25 April 2020

2 Korintiërs 12:9En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.

Vrydag, 24 April 2020

Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou.

Donderdag, 23 April 2020

Spreuke 3:27Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom
as dit in jou mag is om dit te doen nie.

Woensdag, 22 April 2020

Matteus 24:44Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.

Dinsdag, 21 April 2020

Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.

Maandag, 20 April 2020

Psalm 16:2Ek het tot die Here gesê: U is my Here;
vir my is daar geen goed bo U nie.

Sondag, 19 April 2020

LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.

Saterdag, 18 April 2020

Jesaja 54:10Want berge mag wyk en heuwels wankel,
maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk
en my vredeverbond nie wankel nie,
sê die Here, jou Ontfermer.

Vrydag, 17 April 2020

Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie.

Donderdag, 16 April 2020

En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

Woensdag, 15 April 2020

Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Dinsdag, 14 April 2020

Spreuke 11:25Die siel wat seën, word versadig;
en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

Maandag, 13 April 2020

Efesiërs 1:7In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.

Sondag, 12 April 2020

Markus 16:6En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het.

Saterdag, 11 April 2020

Psalm 130:5Ek wag op die Here;
my siel wag, en ek hoop op sy woord.

Vrydag, 10 April 2020

Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem,
en óns smarte — dié het Hy gedra;
maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag,
deur God geslaan en verdruk was.

Donderdag, 09 April 2020

Handelinge 2:46-47En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.

Woensdag, 08 April 2020

Spreuke 15:16Liewer 'n bietjie in die vrees van die Here,
as 'n groot skat en onrus daarby.

Dinsdag, 07 April 2020

Hebreërs 9:28So sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.

Maandag, 06 April 2020

Johannes 10:28-30En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.

Sondag, 05 April 2020

Sagaria 9:9VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op 'n esel — op 'n jong esel, die vul van 'n eselin.

Saterdag, 04 April 2020

Romeine 12:16Wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie.

Vrydag, 03 April 2020

Want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.

Donderdag, 02 April 2020

Psalm 25:4Here, maak my u weë bekend;
leer my u paaie.

Woensdag, 01 April 2020

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

Bybelvers van die dag

Die lankmoedige is beter as 'n held;
en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk