DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Mei 2020)

Sondag, 31 Mei 2020

Handelinge 2:3-4Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Saterdag, 30 Mei 2020

Johannes 14:16En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid.

Vrydag, 29 Mei 2020

Ek het my gehaas, en nie getalm nie,
om u gebooie te onderhou.

Donderdag, 28 Mei 2020

Levitikus 19:17-18Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie. Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.

Woensdag, 27 Mei 2020

1 Korintiërs 16:14Laat alles by julle in liefde geskied.

Dinsdag, 26 Mei 2020

Spreuke 3:13Gelukkig die mens wat wysheid gevind het,
en die mens wat verstand verkry.

Maandag, 25 Mei 2020

Vra na die Here en sy sterkte;
soek sy aangesig altyddeur.

Sondag, 24 Mei 2020

En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Saterdag, 23 Mei 2020

Psalm 51:3-4Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid;
delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
Was my heeltemal van my ongeregtigheid
en reinig my van my sonde.

Vrydag, 22 Mei 2020

Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.

Donderdag, 21 Mei 2020

Markus 16:19Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.

Woensdag, 20 Mei 2020

Spreuke 17:28Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word;
as hy sy lippe toehou, vir verstandig.

Dinsdag, 19 Mei 2020

Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Maandag, 18 Mei 2020

EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.

Sondag, 17 Mei 2020

Laat alles wat asem het, die Here loof!
Halleluja!

Saterdag, 16 Mei 2020

En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Vrydag, 15 Mei 2020

1 Petrus 3:3-4Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.

Donderdag, 14 Mei 2020

Spreuke 30:5Elke woord van God is gelouter;
Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.

Woensdag, 13 Mei 2020

Romeine 12:1EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.

Dinsdag, 12 Mei 2020

Markus 11:24Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

Maandag, 11 Mei 2020

Psalm 24:1Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan,
die wêreld en die wat daarin woon.

Sondag, 10 Mei 2020

Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Saterdag, 09 Mei 2020

Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus!

Vrydag, 08 Mei 2020

Spreuke 22:1'n NAAM is verkiesliker as groot rykdom,
guns beter as silwer en as goud.

Donderdag, 07 Mei 2020

Galasiërs 5:16MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie.

Woensdag, 06 Mei 2020

Johannes 1:1IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

Dinsdag, 05 Mei 2020

Psalm 63:2O God, U is my God, U soek ek;
my siel dors na U,
my vlees smag na U,
in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.

Maandag, 04 Mei 2020

Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.

Sondag, 03 Mei 2020

Eksodus 14:14Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.

Saterdag, 02 Mei 2020

Spreuke 2:9Dan sal jy geregtigheid en reg verstaan
en regverdigheid — elke goeie pad.

Vrydag, 01 Mei 2020

Romeine 8:25Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.

Bybelvers van die dag

NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

VROUE, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk