DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Desember 2021)

Vrydag, 31 Desember 2021

Jesaja 26:9Met my siel begeer ek U in die nag;
ook met my gees in my binneste soek ek U;
want as u oordele op die aarde is,
leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

Donderdag, 30 Desember 2021

1 Korintiërs 13:13En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Woensdag, 29 Desember 2021

Matteus 5:9Salig is die vredemakers,
want hulle sal kinders van God genoem word.

Dinsdag, 28 Desember 2021

1 Johannes 4:11Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.

Maandag, 27 Desember 2021

2 Korintiërs 4:18Omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Sondag, 26 Desember 2021

Psalm 73:25Wie het ek buiten U in die hemel?
Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.

Saterdag, 25 Desember 2021

Lukas 2:6-7En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Vrydag, 24 Desember 2021

Lukas 1:30-31En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.

Donderdag, 23 Desember 2021

Jesaja 52:7HOE lieflik is op die berge die voete van hom
wat die goeie boodskap bring,
wat vrede laat hoor,
wat goeie tyding bring,
wat verlossing uitroep;
wat aan Sion sê: Jou God is Koning!

Woensdag, 22 Desember 2021

Romeine 2:12Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word.

Dinsdag, 21 Desember 2021

Deuteronomium 4:40En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die Here jou God jou vir altyd sal gee.

Maandag, 20 Desember 2021

Psalm 71:8My mond is vol van u lof,
die hele dag van u roem.

Sondag, 19 Desember 2021

Spreuke 1:7DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis;
sotte verag wysheid en tug.

Saterdag, 18 Desember 2021

Matteus 10:28En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.

Vrydag, 17 Desember 2021

Jesaja 55:6Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is;
roep Hom aan terwyl Hy naby is.

Donderdag, 16 Desember 2021

Openbaring 3:19Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.

Woensdag, 15 Desember 2021

2 Petrus 3:9Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Dinsdag, 14 Desember 2021

Psalm 119:114U is my skuilplek en my skild;
op u woord wag ek.

Maandag, 13 Desember 2021

Johannes 20:21Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.

Sondag, 12 Desember 2021

Johannes 7:16Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.

Saterdag, 11 Desember 2021

Spreuke 18:2Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie,
maar net daarin dat sy hart openbaar word.

Vrydag, 10 Desember 2021

Hebreërs 3:14Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou.

Donderdag, 09 Desember 2021

1 Kronieke 29:11Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, Here, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.

Woensdag, 08 Desember 2021

Psalm 82:3Doen reg aan die swakke en die wees;
gee aan die ellendige en die arme sy reg.

Dinsdag, 07 Desember 2021

1 Petrus 5:6Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

Maandag, 06 Desember 2021

Romeine 10:10Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Sondag, 05 Desember 2021

Spreuke 27:17Yster slyp yster,
so slyp die een mens die persoon van die ander.

Saterdag, 04 Desember 2021

2 Timoteus 1:7Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Vrydag, 03 Desember 2021

Matteus 24:26-27As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn — moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer — moet dit nie glo nie. Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Donderdag, 02 Desember 2021

Psalm 119:105U woord is 'n lamp vir my voet
en 'n lig vir my pad.

Woensdag, 01 Desember 2021

Matteus 24:42Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.

Bybelvers van die dag

Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk