DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Desember 2022)

Saterdag, 31 Desember 2022

Spreuke 4:27Wyk nie regs of links af nie,
hou jou voet ver van boosheid.

Vrydag, 30 Desember 2022

Sagaria 4:6Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.

Donderdag, 29 Desember 2022

1 Timoteus 6:6Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins.

Woensdag, 28 Desember 2022

Psalm 119:160Die hele inhoud van u woord is waarheid,
en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Dinsdag, 27 Desember 2022

Romeine 6:23Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

Maandag, 26 Desember 2022

1 Johannes 5:11En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.

Sondag, 25 Desember 2022

Jesaja 9:5Want 'n Kind is vir ons gebore,
'n Seun is aan ons gegee;
en die heerskappy is op sy skouer,
en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman,
Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.

Saterdag, 24 Desember 2022

Lukas 1:35En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.

Vrydag, 23 Desember 2022

1 Johannes 1:7Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

Donderdag, 22 Desember 2022

Psalm 80:20O Here, God van die leërskare, herstel ons;
laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

Woensdag, 21 Desember 2022

Johannes 1:1IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

Dinsdag, 20 Desember 2022

Hosea 14:10Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die Here is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!

Maandag, 19 Desember 2022

Psalm 119:60Ek het my gehaas, en nie getalm nie,
om u gebooie te onderhou.

Sondag, 18 Desember 2022

Johannes 14:2In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

Saterdag, 17 Desember 2022

Prediker 7:10Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie.

Vrydag, 16 Desember 2022

Psalm 133:1Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit
dat broers ook saamwoon!

Donderdag, 15 Desember 2022

Handelinge 12:5So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het 'n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.

Woensdag, 14 Desember 2022

Josua 24:23Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die Here, die God van Israel.

Dinsdag, 13 Desember 2022

Spreuke 16:28'n Man van valse streke saai tweedrag,
en 'n kwaadstoker skei vriende van mekaar.

Maandag, 12 Desember 2022

Matteus 24:44Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.

Sondag, 11 Desember 2022

2 Korintiërs 6:14Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

Saterdag, 10 Desember 2022

Psalm 118:5Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep;
die Here het my verhoor in die ruimte.

Vrydag, 09 Desember 2022

Matteus 22:37En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Donderdag, 08 Desember 2022

Matteus 9:13Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Woensdag, 07 Desember 2022

Spreuke 23:4Vermoei jou nie om ryk te word nie,
laat staan jou slimheid.

Dinsdag, 06 Desember 2022

1 Johannes 3:17Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?

Maandag, 05 Desember 2022

1 Timoteus 6:17Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet.

Sondag, 04 Desember 2022

Psalm 104:33Ek wil sing tot eer van die Here solank as ek lewe,
ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.

Saterdag, 03 Desember 2022

Matteus 5:48Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.

Vrydag, 02 Desember 2022

Romeine 12:21Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Donderdag, 01 Desember 2022

1 Kronieke 16:11Vra na die Here en sy sterkte;
soek sy aangesig altyddeur.

Bybelvers van die dag

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk