DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Januarie 2023)

Dinsdag, 31 Januarie 2023

1 Johannes 2:17En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

Maandag, 30 Januarie 2023

Prediker 4:9Twee is beter as een, want hulle het 'n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid.

Sondag, 29 Januarie 2023

Romeine 6:22Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.

Saterdag, 28 Januarie 2023

Romeine 12:9LAAT die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan.

Vrydag, 27 Januarie 2023

Psalm 147:3Hy genees die wat gebroke is van hart,
en Hy verbind hulle wonde.

Donderdag, 26 Januarie 2023

2 Korintiërs 9:7Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.

Woensdag, 25 Januarie 2023

Kolossense 3:23-24En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.

Dinsdag, 24 Januarie 2023

Jesaja 43:2As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie;
as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie,
en die vlam sal jou nie brand nie.

Maandag, 23 Januarie 2023

Romeine 12:4-5Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

Sondag, 22 Januarie 2023

1 Korintiërs 6:19-20Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

Saterdag, 21 Januarie 2023

Psalm 59:17Maar ék sal sing van u sterkte
en elke môre jubel oor u goedertierenheid,
want U was 'n rotsvesting vir my
en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was.

Vrydag, 20 Januarie 2023

Matteus 16:25Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.

Donderdag, 19 Januarie 2023

Prediker 11:10En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.

Woensdag, 18 Januarie 2023

Matteus 5:8Salig is die wat rein van hart is,
want hulle sal God sien.

Dinsdag, 17 Januarie 2023

Lukas 12:6-7Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie. Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

Maandag, 16 Januarie 2023

Romeine 15:4Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.

Sondag, 15 Januarie 2023

Psalm 34:2Ek wil die Here altyd loof;
sy lof sal altyddeur in my mond wees.

Saterdag, 14 Januarie 2023

Filippense 4:20Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

Vrydag, 13 Januarie 2023

Jakobus 4:2Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.

Donderdag, 12 Januarie 2023

Spreuke 10:32Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is,
maar die mond van die goddelose is pure valsheid.

Woensdag, 11 Januarie 2023

1 Korintiërs 15:21Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens.

Dinsdag, 10 Januarie 2023

Johannes 1:5En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

Maandag, 09 Januarie 2023

Psalm 34:23Die Here verlos die siel van sy knegte;
en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.

Sondag, 08 Januarie 2023

Johannes 15:26Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.

Saterdag, 07 Januarie 2023

Filippense 2:11En elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

Vrydag, 06 Januarie 2023

Job 23:12Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie;
die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.

Donderdag, 05 Januarie 2023

Johannes 3:5Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

Woensdag, 04 Januarie 2023

Galasiërs 5:4Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.

Dinsdag, 03 Januarie 2023

Psalm 103:1Loof die Here, o my siel,
en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!

Maandag, 02 Januarie 2023

Miga 7:7Maar ek sal uitsien na die Here,
ek wil wag op die God van my heil,
my God sal my hoor.

Sondag, 01 Januarie 2023

Handelinge 17:30God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer.

Bybelvers van die dag

Die jong leeus ly armoede en het honger;
maar die wat die Here soek,
het geen gebrek aan enigiets nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk